Betogings by Mpumalanga-tolhekke

Argieffoto

Argieffoto

Lede van Cosatu gaan Maandag betogings by drie tolplaza’s in Mpumalanga hou weens  “buitensporige” toltariewe.

Fidel Mlombo, Cosatu se woordvoerder, het gesê die betogings volg ná ʼn verhoging in die toltariewe aangekondig is. Die vakbondfederasie dring aan dat die stelsel van tolhekke regdeur die provinsie verval.

“Cosatu is sedert sy ontstaan teen die privatisering van openbare paaie as ʼn vorm van basiese dienslewering in die land,” het Mlombo gesê. “Die betogings is deel van Cosatu se veldtog vir veilige, bekostigbare, toeganklike en doeltreffende openbare vervoer.”

Die betogings sal tot 15:00 by die Middelburg-, Nkomazi- en Ermelo-tolplaza plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tiger ·

Ek se breek hulle af!Dis ‘n euwel van die dag wat hulle die eerste tolhek opgerig het.Nou moet ons 30c per liter brandstof betaal vir die “padbou fonds” EN ons moet tolgeld betaal ook?dis mos dubbel geld hef.Nee wat Cosatu het ‘n punt beet en ek ondersteun hulle daarin.Hulle moenie die verkeer ontwrig nie want dis onskuldige mense maar hulle moet die tolhekke verwoes.

Paul ·

Waar op aarde kry jy die idee dat die 30 sent addisionele brandstofbelasting vir ‘n “padbou fonds” gaan? Dis maar net ‘n verhoging van die gewone belasting op brandstof wat in die algemene staatskas ingaan. Dis nie iets nuuts nie.

jan ·

Ek sal spesiaal deur ry en hulle gaan ondersteun. Die Middelburg hek het belaglik duur geword, en tariewe word 2 keer per jaar verhoog, so ook die hek voor Bronkhorstspruit. You go Cosatu!!!In 8 jaar wat ek die paaie amper daagliks pendel, is hierdie die eerste jaar dat daar daadwerklik onderhoud gedoen word op die pad tot by Middelburg.

Mari ·

Wens ek kon saam met hulle betoog. Dit kos nou al R320.00 van Nelspruit tot in Pretoria en weer terug. Dit is absoluut belaglik, veral as mens die branstofprys ook in ag neem. GO COSATU – Ek weet van baie mense wat julle ondersteun met hierdie betoging.

Liewe lulu ·

Oud minister Hendrik Schoeman het met die tolhekke begin toe hy minister van vervoer was

Tiger ·

Jy is reg Liewe Lulu!Nog een van die talle slenters om geld te maak waarmee die ou Nationale Party ons blankes mee gevang het.Soos die 45% belasting in die prys van alle nuwe voertuie wat die anc nou lekker uitbuit.En die brandstof heffing wat in gebring is om die Sasol aanlegte te finansier wat tot ons voordeel sou wees.Waar is die voordeel dan?Sasol kos dieselfde as ander brandstowwe maar hul kostes tot by die pomp is baie laer.Lekker verneukende landjie waarin ons woon !

Dee ·

Nou verstaan julle klaagpotte waarom Zuma ‘n êroplane wil koop.

pop ·

AG please Cosato, die hele land sal betogings ondersteun. Kom staan by elke tolhek en laat mense net deurry. Die paaie is in elk geval haglik,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.