Betogings by UV gaan voort ondanks interdik

Betogende studente by UV. Foto: Verskaf

Betogende studente by UV. Foto: Verskaf

Studentebetogings by die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus het Donderdagoggend voortgegaan ondanks ʼn hofinterdik wat Woensdag bekom is.

Die UV het in ʼn verklaring gesê die interdik is verkry om enige verdere beskadiging van eiendom en inmenging met die regte van ander te verhoed. “Enige verdere ontwrigting sal dus onwettig wees en die UV sal die reg hê om die polisie te ontbied om die interdik af te dwing.”

Studente het egter Donderdagoggend weer voor die Bloemfontein-kampus se hoofingang begin betoog. Maroela Media verneem dat die polisie ontbied is en die situasie monitor.

“Die interdik verhoed studente nie om hulle reg tot protes uit te oefen of om enige vorm van betoging te gebruik wat nie mense of eiendom bedreig nie. Die bestuur glo dat hy hierdeur aan sy dubbele verantwoordelikheid voldoen om alle studente se regte te waarborg en die universiteit se personeel, akademiese aktiwiteite en eiendom te beskerm,” het prof. Jonathan Jansen, visekanselier en rektor van die UV, gesê. “Die universiteitsbestuur is steeds oop vir gesprekke met studente om die implikasies van hulle eise vir ʼn nulpersent-tariefverhoging te bespreek.”

Die universiteit het ook gesê dat al drie sy kampusse Donderdag oop sal wees. “Orde sal op die kampusse gehandhaaf word deur die mag van die interdik te gebruik. Niemand sal toegelaat word om die kampusse sonder ʼn geldige UV-personeel- of -studentekaart te betree of te verlaat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jaco ·

Waarom doen studente aansoek vir interdik teen polisie as hulle dan geen waarde daarin sien nie?

Pierre Celliers ·

Interdik???? Hulle ken nie die mening van die woord nie! Kry polisie om interdik af te dwing?
Ai hoe lag ek nou! Wette het gladnie ‘n effek nie, hulle doen wat hulle wil en die polisie het nie ‘n saak met hulle oortredings nie. Hierdie is die begin van anargie!!! Wetteloosheid seevier klaar!

pop ·

Pierre< die polisie se hande is afgekap. Sou hulle enigsins optree word hulle aangekla en dan is hulle in die sop. So eintlik is hulle nou nutteloos. Daarvoor het die regering gesorg.

Winston ·

Wette is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Sommige mense sien net dit wat rondom hom aangaan en nie die “onsigbare” gemors wat gaan volg nie. Weet nie wat die betekenis van n wet is nie en gaan net aan met wat in sy kop is. Kortsigtig. Dit is waarom strawwe so afgewater is. Aangeklaagde plunderaar het meer regte as die klaer en polisie word misbruik deur sommiges. Begin by die oorsaak, die gevolge gaan onhanteerbaar wees.

david ras ·

As die president van die land ‘n hofbevel ignorer (Bashir) waarom sal ‘n klomp student hulle daaraan steur ?
Ek wonder ook wat het gebeur met die hofbevel wat die Tshwane stadsraad beveel het om al die ou straatname terug te plaas ? Ek kom gereeld in Pretoria en het nog geen verandering opgemerk nie.
Minagting van die hof ? En wat doen die klaers daaromtrent ?
Het ek iemand hoor fluister oor ‘n REGSTAAT ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.