Betogings gaan voort by NMMU

NMMU-studente word op 22 September 2016 tydens betogings in hegtenis geneem. Foto: ANA

NMMU-studente word op 22 September 2016 tydens betogings in hegtenis geneem. Foto: ANA

Een student is Maandagoggend by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in hegtenis geneem nadat #FeesMustFall-betogings by die universiteit weereens opgevlam het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die 22-jarige student is by die noordelike kampus in hegtenis geneem in verband met die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur. “Padversperrings is aan die brand gesteek en die pad self is ook beskadig,” het Naidu gesê.

“Die student word tans by die Humewood-polisiestasie aangehou.” Volgens Naidu sal die student nie deur die polisiestasie op borgtog vrygelaat kan word nie, maar ʼn formele borgtogaansoek voor die hof gebring moet word.

Die groep studente wat vroeër vanoggend in Universiteitsweg naby die Noord-kampus betoog het, is sedertdien verjaag, maar polisiebeamptes is steeds op die toneel om die situasie te monitor.

Vandeesweek is die derde week dat die NMMU heeltemal tot stilstand gedwing is deur studentebetogings. Studente sal na verwagting later vandag ʼn massavergadering hou om te besluit oor die volgende stappe wat hulle sal doen in hul veldtog vir gratis hoër onderrig en of hulle sal toelaat dat akademiese bedrywighede op die kampus hervat word.

NMMU het in ʼn verklaring gesê dat die instansie die instelling van ʼn gratis hoër onderwysstelsel ondersteun en dat alles moontlik gedoen moet word om die huidige finansieringskrisis aan te pak. Lebogang Hashatse, die waarnemende adjunkvisekanselier, het ingestem om die studente se massavergadering te ondersteun deur bussies te reël om die studente aan te ry kampus toe.

Lees meer oor die studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

snoefie ·

het die student, sy ouers of voorouers al ooittot diestaatskas bygedra? hie wil hulle oues waar hulle nie gesaai het nie? hoekom maak die kere dit nie aandie stakers duidelik nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.