Betogings in Noordwes duur voort

Protesaksie buite Lichtenburg in Noordwes (April 2017). Foto: Twitter via @Search_SA

Protesaksie is steeds aan die gang tussen Lichtenburg en Coligny in Noordwes waar voertuie Maandagoggend op die R503 met klippe bestook is.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep inwoners van Coligny het ook vroeër die oggend ʼn bottelstoor in die dorp geplunder. Volgens Mokgwabone hou die protesaksie na bewering verband met ʼn voorval Donderdag toe ʼn 12-jarige kind uit ʼn bewegende voertuig gespring en ernstige beserings opgedoen het. Die kind het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Mokgwabone het gesê betogers het glo leerders van plaaslike skole uit hul klaskamers gedwing om aan die betoging deel te neem. “Die polisie se eenheid vir openbare orde is besig om die situasie te monitor,” het hy gesê. “Ek is egter nie bewus van skokgranate wat afgevuur is [soos op sosiale media beweer word] nie,” het hy gesê.

Protesaksie buite Lichtenburg in Noordwes (April 2017). Foto: Twitter via @Search_SA

Die SAPD het ook op Twitter bevestig dat twee voertuie beskadig is toe inwoners van Blydeville, 10 km buite Lichtenburg, Maandagoggend voertuie op die R503 met klippe bestook het. Mokgwabone het gesê die pad is egter nie gesluit nie en steeds oop vir verkeer.

Volgens Mokgwabone hou die protesaksie in Coligny nie verband met ʼn betoging Vrydag op die R503 buite Lichtenburg waartydens drie vragmotors aan die brand gesteek is nie. Maroela Media het vroeër berig een van die vragmotors het lewende kuikens vervoer en video’s op sosiale media het gewys hoe die kuikens in die pad rondhardloop.

Altesaam 14 verdagtes is Vrydag in verband met openbare geweld in hegtenis geneem. Volgens Mokgwabone het die verdagtes intussen in die hof verskyn waarna die saak tot 2 Mei uitgestel is vir nadere ondersoek. ʼn Vyftiende verdagte, ʼn minderjarige, is vrygelaat.

Mokgwabone het gesê hy is nie tans bewus van enige paaie wat Maandagoggend gesluit is weens die betogings nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jane ·

Die een groep bid en die ander betoog en breek en brand alles af ..

Johann ·

Jane: durf ek sê geloof versus ongeloof?biddende afhanklikheid uit genade teenoor barbaarse selftoe-eiening? Durf ek dit sê? Wou die Woord aanhaal rondom die skeiding van skape en bokke; maar netbou dink NUMBA WHONE ek spot met sy eertydse beroep?

Sam ·

Dis baie waar. Een groep, (1 miljoen mense) bid vreedsaam oor die land juis teen die gespuis. En as mens weer sien, brand een klomp als af en roof en plunder. Ook al wat hul kan doen die gemors. Intimideer arme skool kinders, Sies man

Angie ·

Wat is julle so gepla met hoeveel mense daar was? Elke paasnaweek moria is daar 2mil. Almal wat bloem toe was is so behep met die hoeveelheid.

Estelle ·

Ai tog Angie, kan jy nie sien hoe belangrik dit is om vir die mense te wys dat ons as ‘n VOLK ons voor die Here wat ALLE mag in Sy hand hou verootmoedig nie. Jy ken mos die mite dat die Boere nie kan saamstaan nie. Dit wys jou net en vir al hierdie ongelowige voorvader aanbidders dat wanneer dit vir die Boere belangrik genoeg is ons wel kan saamstaan in groot getalle. Vandaar die beheptheid met die getalle. Want van die bietjie Boere wat oor is in die land het ongeveer 20% bymekaargekom en ons saak voor die Here gestel en gevra vir Sy hand om ons land en ons mense te red. 20% van ‘n volk is baie. Sou sê dis belangrik. Of hoe? Hoekom altyd so ‘n wonderlike byeenkoms afskiet met ‘n vergelyking oor Moria? Nee ek sal sekere mense ook nooit verstaan nie???

Coligny inwoner ·

Coligny se hele sakegebied is beskadig en geplunder. 2 Chinese winkels is ook afebrsnd

Speedguard ·

Lekker ou plekkie met baie eerlike ,nederige op die die aarde mense wat weet wat sukkel beteken , daardie tyd, mis die Cronje’s en alles daar, hoop die Here sal julle beskerm!

Johan Viljoen ·

Geen skokgranate is afgevuur nie – Ek wonder wat is vanaoggend net na vyf afgevuur aan die suidekant van Lichtenburg. Moes seker “bom-crackers” gewees het. As die polisie-woordvoerder nie eers weet hoe ‘n skokgranaat klink nie???????????????

pieter ·

weet jy cele as dit reen reen dit of jy gelowig Is of nie. DIE VADER SE GENADE IS VIR ALMAL DIT SLUIT JOU OOK IN.GEBED VERANDER SAKE JY SAL SIEN.

vermeende ·

n Groep armsaliges neul en neul by n boer, hulle is honger en soek kos vir die winter, die boer se hy kan hulle almal nie eers een maal gee nie maar hy gee vir hulle sy trekker, saad en diesel. Die armsaliges maal die saad en eet dit op en gebruik die diesel vir die taxi…….

Besef net, God is nie ons slaaf nie, hoekom moet Hy nou alles kom regmaak in SA as ons nog op presies dieselfde pad is vir die laaste 20jaar en beplan om op hom te bly vir die toekoms.
God neem nie deel aan politiek of die stembus nie. Elke een wat stem, maak jou stem eers reg en verander jou wee dan gaan jy op jou knie en vra God se genade oor ons land.
Moenie by God kla hoe honger en onveilig jy is as jy nie die gereedskap wil gebruik wat Hy vir jou gegee het om dit te verbeter nie. Staan vir n slag pa vir jou swak besluite en maak dit eers reg.

Chris Ws ·

“vermeende”,jou kommentaar is die beste wat ek in ‘n laaaaang tyd op MM gelees het!Ek stem volkome saam met wat jy hier opper!!Kry EERS jou lewe agtermekaar VOOR jy ons Vader smeek vir genade.
En so ver dit die betogery betref moet die polisie ophou om die “situasie te monitor” en daadwerklik OPTREE teen die skuldiges.Dis immers waarvoor hulle betaal word en NIE om toeskouers te wees nie!As daar vreedsaam betoog word,goed so.Maar die eerste een wat ‘n klip optel of ‘n vuur maak in ‘n pad moet dadelik gearresteer word.GEEN geweld tydens betogings moet geduld word nie.En polisielede wat geweldadige betogings staan en “monitor” moet ook aangekla word.Dis TYD!

Reisiger ·

Ek was vanoggend 06:45 deur Lichtenburg. By die treinspoor het mans met Bakkies die pad versper en verkeer was gelei deur ‘n veld. Wil net vir hul baie dankie se anders was daar dalk meer karre met klippe bestook.

Marietta ·

Baie duidelik is die woordvoerder nie deeglik bewus van die gebeure in en rondom Coligny en Lichtenburg vandag nie. Paaie was gesluit en meer as twee winkel is geplunder in Coligny!!!

Lichtenburg inwoner ·

My tuisdorp! Hul het vandag die Njala voertuig uitgebrand! Betogers gooi traangas terug na polisie.

JM ·

Verskoon my onkunde, maar waaroor presies gaan die protes aksies?

vanniekerk ·

Na Blaauwkrans en Weenen het die Voortrekkers ook gaan sit en bid, ne! Ook na Retief ne!

ALTA ·

Wil net se ek was Saterdag in Bloemfontein en daar het dinge gebeur wat n mens nie vir iemand kan oorvertel nie n mens het innnerlike vrede gevind en mense moet ophou om negatief te wees en begin bid vir vrede want die skrif se waar 2 of meer saam bid sal God gehoor gee , kom mense kom ons saam in gebed elke dag daar waar jy is bid.

Christo Conradie ·

Ek verstaan daar was baie vals berigte en gerugte oor die situasie in Lichtenburg en Coligny op sosiale media. Die video, MET kommentaar wat egter geneem is op ‘n voertuigrit deur Coligny, asook die fotos, lyk vir my egter baie betroubaar. En dit IS erg. Kom nou agter daar is mense wat die gebeure “downplay”, en sien ook tot dusver niks op News24 nie. Dit wil voorkom of daar ‘n media verbod op die waarheid ten opsigte hiervan is. Dalk ook maar goed, want ons hoof induna sou sonder twyfel vir Van Riebeeck blameer daaroor, en nie die onvermoe van die plaaslike munisipaliteite en die onvermoe van die polisie om eiendom te beskerm nie – nie eers hulle eie onluste voertuig kon hulle beskerm nie! MAAR, hy sou darem seker kon kwytraak dat daardie mense wel al voorheen betoog het – anders as sy smalende opmerking oor 7 April se optogte dat hy kan sien dat dit hulle eerste keer is . . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.