Betogings in Pietermaritzburg veroordeel

Plaaslike jeug maak strate skoon by die Slangspruit-ingang na Imbali- informele nedersetting (15 Mei 2019) (Foto: ANA)

Themba Njilo, burgemeester van Msunduzi, het betogings in Pietermaritzburg die afgelope paar dae veroordeel. Hy het gewaarsku dat vandalisme planne ontwrig om die stad te ontwikkel.

Gemeenskappe in informele nedersettings en laekostebehuising het die strate ingevaar en eis HOP-huise, beter paaie, water en elektrisiteit. Betogings het verlede week begin, net twee dae ná die verkiesing, toe ontstoke inwoners van Tamboville paaie met buitebande, wat aan die brand gesteek is, en ander voorwerpe versper het. Die betogers voer aan hulle wag al sedert 1997 vir huise en hulle raak ongeduldig.

Inwoners van France- informele nedersetting het Maandag ook ingange versper, insluitend die R56 wat Pietermaritzburg met Richmond verbind. Hulle eis antwoorde van Njilo en senior amptenare. Die verkeer het in dele van die stad opgehoop en mense het laat opgedaag vir werk. Die betogings in France het Dinsdag voortgeduur en die burgemeester het vlugtig met inwoners en betogers vergader.

Inwoners van East Street-hostel het Dinsdagaand hulself met stokke bewapen en na die stadsaal opgeruk. Die groep, wat groot dele van East Street met buitebande versper het, het geëis dat kragtoevoer na die hostel herstel moet word. Hulle het eers verdaag ná veiligheidsbeamptes gesê het die burgemeester en senior bestuurders is nie beskikbaar nie.

Njilo het Woensdag die inwoners versoek om die behoorlike kanale te gebruik wanneer hulle ongelukkig is. “Daar is behoorlike kanale wat gebruik moet word wanneer mense nie tevrede is met dienslewering nie. Die gebruik van geweld en die vernietiging van eiendom moet nie toegelaat word nie, want dit beteken dat geld, wat vir dienste aangewend kon word, gebruik moet word vir herstelwerk.”

Die ANC-leierskap in die Moses Mabhida-streek het intussen gesê hulle monitor die gewelddadige betogings en glo die inwoners se kwessies is eg, omdat hulle dit ook tydens die verkiesingsveldtog teëgekom het. Mandla Zondi, koördineerder van die streekstaakspan, het gesê dis belangrik dat die munisipaliteit reageer wanneer kwessies deur inwoners aangeroer word. “Ons is bewus dat die gemeenskappe ontevrede was tydens die verkiesingsveldtog. Ons hoop die munisipaliteit kan die kwessies aanroer.” Hy het die situasie met Njilo bespreek en is vol vertroue dat dit onder beheer gebring sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

PJC ·

Is hierdie nie dalk JZ ondersteuners wat nou vir CR wil probleme gee nie.

Sieg ·

Knap gedaan, stem ANC & breek die plek af vir omdat jy nie saam stem met ANC burgemeester. Viva Viva ANC ondersteuners.

Boerboel ·

PJC dis moontlik. As jy goes belowe en nie kry nie sal dit gebeur.

Andreas ·

Dankie dat die burgemeester gewaarsku het, nou is die saak opgelos en het hy sy taak verrig.

Johan ·

Swak dienslewering is lankal nie werklike rede vir die onluste nie. Dit het ‘n voltydse tydverdryf geword vir mense met ‘n skeefgetrekte lewensuitkyk. Dis vir hulle alte lekker om infrastruktuur te verniel, brand te stig en motors met klippe te gooi. Dis nou hulle lewenswyse…..

Nirvana ·

Waar in die wereld kry jy n huis, elektrisiteit, water en n teerpad voor jou huis gratis? En dan raak die lot ongeduldig en vandaliseer en verwoes as hulle dit nie kry nie! Die monstertjie wat die ANC in die apartheidsjare geskep het, is nou uit beheer uit! Gelukkig kan hulle nou net hul eie leiers blameer!

Ben ·

Hulle wag al sedert 1997 op hul huise, so ….. hulle was baie geduldig…… ek sou ook!

Penellope Jones ·

Sjoe, hulle is darem haastig en vinnig met hul eise. . . .

Michelle ·

Die betogers moet huleef opruk na die een wat hul als belowe het en nie onskuldig mense in die gedrang bring nie. Hul moet ook nie eiendomme wat nie aan hul behoort beskadig nie maar gaan klaar hul probleme uit by die een wat aanhou belowe en niks doen nie.

Comrades ·

Ek hoop die Comrades organiseerders neem kennis. Loskop & 2 Oseane het ook onder oproeriges deurgeloop

John ·

Ek weet! As julle ‘n kans kry om vir iemand anders te stem wat wél kan diens lewer dan moet julle… oh wag. #verspeeldekANCe

fred ·

ja, belofde maak skuld, Mandela het reeds in ’94 belowe die ANC gaan per jaar miljoene huise vir hulle bou….wonder hoeveel hulle die laatste 25 jaar gebou is…en hoeveel van hulle nog regstaan..

GM ·

Hul kan AL daardie goed kry as hul WERK daarvoor – soos die res van ons moet. Hulle sal nie ‘n dag se werk verniet gaan staan en doen nie, maar hulle verwag dat alles aan hulle verniet gegee moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.