Betogings in Ventersdorp vir eers gestaak

Betogers in Ventersdorp. Foto: ANA

Die betoging oor elektrisiteit in Ventersdorp in die Noordwes is Vrydag gestaak.

Sello Dassie, ʼn gemeenskapsleier, het gesê die betoging het in sy doel geslaag. “Ná so baie pogings om die burgemeester te kry om die gemeenskap te kom toespreek, het dit uiteindelik gebeur. Hy het vir die mense gesê die 95:5-rekeningstelsel sal vanaf Maandag omgekeer word. Dit is al ʼn begin, ons sien uit daarna dat ander kwessies ook binnekort opgelos sal word,” het Dassie gesê.

Die elektrisiteitsrekeningstelsel het tot gevolg gehad dat kliënte wat die munisipaliteit geld skuld R100 se elektrisiteit sou koop en dan net R5 se elektrisiteit sou ontvang. Die munisipaliteit het dié stelsel ingestel in ʼn poging om kliënte se skuld te vereffen.

Sello het gesê die betoging is daarom vir nou afgestel. Indien die burgemeester nie sy belofte nakom nie, sal die chaos weer hervat.

Kgotso Khumalo, burgemeester van die JB Marks-munisipaliteit, het belowe dat die 95:5-rekeningstelsel in Ventersdorp en Potchefstroom geskrap sal word. Hy het Vrydag inwoners toegespreek nadat hy nie Donderdag opgedaag het om met hulle te vergader nie.

“Vandag het ons met die gemeenskap en sy leiers ooreengekom dat die 95:5-kredietbeheerbeleid vir ʼn tydperk van drie maande opgeskort sal word. Ons sal ook deur ʼn proses van uitgebreide openbare konsultasie oor die 95:5-stelsel gaan. Alle gemeenskapslede wat nie kan bekostig om vir elektrisiteit te betaal nie, of wat werkloos of op pensioen is, of minder as R3 200 per maand verdien, sal op ons hulpbehoewende databasis bygevoeg word,” het Khumalo gesê.

“Almal wat wel kan bekostig om te betaal, insluitend sakelui en boere, moet dit doen. Indien jou rekening agterstallig is, moet kliënte na vore kom om ʼn reëling vir betaling te tref. Almal wat ʼn probleem het met hul rekeningstelsel moet ook die munisipaliteit nader sodat daar ondersoek ingestel en dit reggestel kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Dis weer verkiesing so ons wat “kan” (moet) betaal, finansier die ANC se massa pleasing stem werf projek. Niks kos mos iets nie? Als kan verniet weg gegee word, want niks kos iets om te maak nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Nie EEN munisipaliteit los hulle “rekening probleme” op nie……….hulle sny dit net eenvoudig AF!! My munisipaliteit het in Desember 2017 +/-R2 500,00 se “geskatte waterlesings” terug geskryf, en dit vervang met R29 000,00 se “korrekte lesings” nadat my watermeter in Desember DRIE keer vervang is………SONDER dat ek daarvoor gevra het! En toe ek kapsie maak hierteen? Toe word MY dienste opgeskort!!!

Koos de Meyer. ·

Ja as jy blank is moet jy maar betaal. Hulle kom weg net moord.

Hanna Hoekom ·

Die stoutkind-mentaliteit sal ek seker nooit begryp nie: as ek nie my sin kry nie, dan gooi en n vloermoet totdat daar aan my eise voldoen word! En volgende keer doen ek dit weer. Probleem opgelos.

humor ·

DIe staking is iets positief maar dit sal herhaal word want nooit sal hul besef hul stakings is vrugteloos nie, want hul verwagtinge sal nooit in lengte van tyd deur hul regering beantwoord word nie.

Johan ·

Die elektrisiteit moet betaal word……wat help.dit jy skort dit op vir drie maande….nou gaan betalings wees agter wees……die burgermeester grawwe vir hom n baie baie diep gat

marous ·

Belasting boikot . Dis wat die sakemanne en boere en ieder wat betaal moet doen . Die hele land deur !

HPV ·

Gratis huise, elekrisiteit, water, motors en baie meer was 1994 deur die anc regime aan sy kiesers, meelopers en skootsitters belowe en word nog steeds daagliks belowe! Die onrealistiese beloftes het egter realiseer ten koste van die totale ondergang van die land en sy belastingbetalers, maar beloftes en toegewings word steeds gemaak. Dit is waaruit onteiening sonder vergoeding gebore is want hulle het uiteindelik besef hul beloftes kan en gaan nie meer realiseer nie. So moes hulle spoedig ander planne in plek kry…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.