Betogings in weste van Pta: Leerlinge huis toe gestuur

Die foto het dit moontlik laat lyk dat een van die skole brand. Foto: Facebook

Die foto het dit moontlik laat lyk dat een van die skole brand. Foto: Facebook

Talle gerugte het Woensdagoggend die ronde gedoen dat skole in die weste van Pretoria beskadig is en dat skoolkinders met klippe bestook is tydens ʼn betoging deur ontstoke inwoners van die Gomora- informele nedersetting.

Maroela Media het personeellede van verskeie laer- en hoërskole gekontak en volgens hulle is daar geen skade aan skole aangerig nie. Al die skole se leerlinge is wel huis toe gestuur.

Vivian Buchholz, hoof van die Laerskool Booysens, het aan Maroela Media gesê die gerugte dat die skool se saal aan die brand gesteek is, is onwaar. “Dit is stil hier by ons. Die meeste kinders is nie hier nie. Hier is omtrent so 50 kinders en ʼn paar personeellede wat na hulle omsien. Geen eiendom van die skool is beskadig nie.”

Volgens ʼn personeellid aan die Laerskool Tuine is die situasie rustig by die skool. “’n Paar kinders het vanoggend ingekom skool toe. Meeste is egter deur hul ouers kom haal. Daar is nog ʼn paar kinders by die skool en daar is onderwysers by hulle.”

ʼn Personeellid van Hoërskool Tuine het gesê daar is soveel gerugte wat die ronde doen. “Ons het wel ons kinders huis toe gestuur en ouers het hulle kom haal. Die situasie hier is rustig. Dit is glo chaos daar naby die Daspoorttonnel maar die polisie is op die toneel en dit het nog nie verder uitgekring nie.” Volgens die personeellid word kinders slegs toegelaat om die skool te verlaat indien ʼn ouer of gemagtigde persoon hulle kom haal.

By Hoërskool Hercules is alles ook rustig. “Ons het op sosiale media vir ouers gevra om hul kinders tuis te hou. Kinders wat reeds by die skool is, moet deur hul ouers gehaal word. Diegene wat nie gehaal kan word nie sal veilig by die skool gehou word. Daar is geen van die skool se eiendom beskadig nie,” het ʼn personeellid by die skool gesê.

Volgens ʼn personeellid van die Hoër Tegniese Skool Pretoria-Tuine is dit ook rustig daar. “Hier is nog kinders en ons wag vir hul ouers om hulle te kom haal. Die ander kinders wat nie vervoer het nie bly by die skool en personeellede sien na hulle om. Niks is beskadig by die skool nie.”

Kobus van Dyk, die skoolhoof van Laerskool Tuinrand, het gesê die skool is gesluit. “Daar is nie meer kinders by die skool nie. Almal is huis toe gestuur. Die kinders se veiligheid bly ons eerste prioriteit. Geen eiendom van die skool is beskadig nie.”

ʼn Personeellid van die Laerskool Generaal Nicolaas Smit het bevestig alles is rustig by die skool. “Die meeste kinders is huis toe, maar ons het nog so drie klasse se kinders hier.”

Philip Minnaar, hoof van Sol-Tech, het gesê hul studente is huis toe gestuur na gerugte dat die betogers in rigting van Mahem gaan beweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

belinda ·

Skole is gesluit en paaie is afgeblok. Woon in die area dis gaos. Vermy asb!

Irene ·

Ek dink dit is nou genoeg hoe lank voordat daar iets gedoen word unv skole volgende kerke en regering doen niks staan en sorg dat hulle op TV kom

pieter ·

Die anc is besig om sy ware kleur te wys.Nog net n klein rukkie en SUID AFRIKA brand.My mede blanke ons dae raak min.Ons moet op ons knie gaan en bid vir n leier.Kom ons se sommer ook dankie vir die reen.

Hannes marais ·

Pieter die land brand klaar..ons moenie bid vir n leier nie..God is ons leier…ons moet bid vir genade DAT ons heel anderkant gaan uitkom..die Boerevolk sal moet laer trek

gatiep ·

Hannes jy is reg lyk my laer trek is al wat oorbly vir ons God sal nog die regte leier stuur vir ons.

Christine ·

Oorbevolking en die magstruktuur van leierskap onder die informele nedersettings is die rede vir al die geweld ens. Hierdie leiers of kommitee wat namens die informele nedersettings se belange moet optree en veronderstel is om die informele nedersetting te beskerm,konsentreer hul eerder op hul eie belange. Dis hulle wat eintlik die oorsaak is van als. Hulle dwing die inwoners om n bedrag geld te betaal vir die grond of huisies,wat nie eens aan hulle behoort nie, anders word hul hutte afgebrand of vernietig. Dit verhinder dan ook die kommunikasie tussen die owerhede en leiers tot na die persone van die informele nedersetting. Daai leierstruktuur is nie in plek nie en dus hoekom al die geweld,ens. Ongelukkig word ons kinders nou getekkel met hul geweld en ontevredenheid van hul “leiers” in hul informele nedersetting. So jammer die regering sien dit nie so in nie. Ons sal aanhou bid.

Vicky ·

Dit is nie so rustig soos julle hier voorgee nie, my oudste is in die Tegniese skool, ek was histeries, hoe kan n ouer sy kind gaan haal ? hulle kannie, ek het straat af en straat op gery en gesmeek en gehuil, NIEMAND kan daar inkom nie. Die polisie moes my kind daar by die skool gaan haal en uitbring. Ek het magteloos gestaan en kyk vir n magdom swartes en brandende bande oral, ek kon nie by my kind uitkom nie, het hom darem nou veilig.

Inge ·

Wow, dit moes vreeslik gewees het! Ek sou ook histeries gewees het en sommer oor die heining gespring het en my kind gaan haal het! Ek’s bly jy het hom darem.

Susan ·

Hou ons op hoogte. Ons sal graag wil weet wat regtig aangaan (uit die Perd se bek..)

gatiep ·

Vicky nie gedink dis so erg nie bly jy het darm reg gekom wanneer begin hulle ons huise bestorm. Die dag gaan nog kom dat ons by die werk sit en ons kan nie terug na ons huise gaan nie lyk dit vir my.

charlene ·

Vicky weet hoe sit ek nou en huil, dit moes hel gewees het vir jou. Ek was reeds by die werk toe ek die goed hoor (ek is baie vroeg by die werk) was self histeries my baba moet kleuterskool toe. My siek mamma het vandag behoorlik ingestaan omna 3 willewragtigs om te sien. ek is dankbaar vir my mammie. ek ook so dankbaar jy kind is ongedeerd – maar dit moes net so erg vir ons kinders gewees het. NIE EEN van die kinders verdien die vrees waardeer hulle vandag moes gaan nie, en nog minder die ouers wat mos spook om net `n pad te vind na hulle kinders. Hulle noem nou hier so baie van die goeie goed ooh die skool en daai skool het geen skade wat waar is en waaroor ons dankbaar is maar wat van die kinders hoër en laerskool moes die kinder almal saal toe vat vir hulle veiligheid, dink hulle vir een oomblik dit is maklik vir `n onderwysers om pose te hou terwyl jy nie weet wat gaan gebeur nie en jy moet gemaklik lyk om die kinders kalm te hou. die skole wat met ketting en slotte gesluit om die mense uit te hou en ons kinders veilig binne. Dit moet `n aaklige ondervinding gewees het vir die kinders maar al wat ons hoor is waaroor hulle petoog niks van wat die kinders en ouers moes deur maak!!!!

Soo gesê ·

…kla oor dienslewering dan brand hulle dit nog af ook, selfs biblioteke brand tyres teiken universiteite (plekke van dissipline en opleiding)ens ens… Ek dink S.A sal hulle dood lag as wittes dit doen want dit gebeur net nie (goed opgevoed)

Karma ·

Maroela, wie skryf jou berigte? Het dié persoon darem ‘n joernalistieke kwalifikasie? “Gematigde persone” mag die kinders by die een skool kom haal. Moet dit nie “gemagtigde persone” lees nie?

Landi Slatter ·

Dagsê Karma

Dakie vir jou navraag. Daar het ‘n foutjie ingeglip en die berig is gewysig.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Marius ·

Hoe veilig is ons nog rerig in hierdie land? Daar kom n geraamde 200000 n jaar die land binne vol verwagtinge en baie gou tref die werklikheid van n patetiese regering hulle en moet hulle hul tot sulke geweld wend. Watse spanning en ongerief is nie net vanoggend in Bremer veroorsaak nie. Baie gefrustreerd!

Michael ·

So word ons geterroriseer ,nou bring die anargiste die geveg na ons kinders se skole.Dit is daar waar ek die streep gaan trek.

Leanie ·

Hulle baklei want hulle moet skool fonds betaal, en water en elektrieseteit hallo ons almal doen dit! As hulle egter nie skoolfonds wil betaal nie doen home scoling hoekom so marakas maak vir selfsigtigheid ag nee man. Dis jou keuse hoe jy bly

Liewe Heksie ·

Ek was alklaar by die werk gewees toe daai nuus deurkom het 2 kleinkinders in daai omgewing gedog ek verloor dit maar dankie tog hul ouers het vinnig gehoor daarvan danksy ons sector Maar dit is angswekkend as die dinge so te se op jou stoep gebeur Dankie ONSE VADER

Hanli ·

Ons vanoggend net na 07h00 in klein straat parallel aan van der Hoff straat naby Coke fabriek gery, klippe orf die pad en klomp wat daar rondgestaan het my kar met klippe bestook, venster gebreek en ander skade aan die kar. Kon nie eers agterkom of hulle deel was van hoofbetoging, beslis kwaadwillige saakbeskadiging en beslis nie vreedsame protes. Beslis nie die tipe gedrag waaraan ek blootgestel wil word nie.

Mieke ·

Die slegste van die hele situasie is dat die versekering nie gaan uitbetaal vir jou motor wat tydens openbare geweld beskadig is nie….

Marieta Joubert ·

Daar is mos sasria ingesluit by die polisse vir sulke gevalle

Veritas ·

Aan alle inwoners van die ares onder bespreking: Organiseer en mobiliseer julself. Die regering sal niks doen nie en die polisie se hande is afgekap. Moenie toelaat dat julle lewens omvêr gewerp word deur ‘n spul onbeskaafde immigrante nie.

Estelle ·

Hoerskool Tuine het darm vroeg n boodskap aan die ouers gestuur om kinders by die huis te hou. Eerlik ek verstaan nie hoekom hul hierdie gedrag toon nie want elke huurder betaal huur (al is dit nie hul eie nie) aan die verhuurder en is minimaal dat skade gelei word. Hoekom meer skade verrig en die mensdom op skrikjaag omdat jy verniet wil bly?

TDW ·

Is dit net ek wat dit raaksien? EFF is besig om te oefen vir ‘n staatsgreep. Hitler het destyds ook so begin!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.