Betogings, ongelukke ontwrig spesiale stemme

Verkiesing 2016 Foto: Reint Dykema

Verkiesing 2016 Foto: Reint Dykema

Die eerste stemme in die munisipale verkiesing is Maandagoggend uitgebring deur persone wat vir ʼn spesiale stem geregistreer het, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gesê.

“Die spesiale stemme is in ʼn paar voorvalle vlugtig vertraag en in sommige gevalle het dit teen 11:00 nog nie begin nie, weens ʼn verskeidenheid redes,” het Mosotho Moepya, hoof verkiesingsbeampte van die OVK, by die nasionale uitslagbedryfsentrum in Pretoria gesê.

Die vertragings word toegeskryf aan voertuigongelukke waarin OVK-personeel betrokke was, verkeerde stembriewe wat by stempunte afgelewer is en gemeenskapsbetogings.

“ʼn Paar stempunte het laat oopgemaak of was teen 11:00 nog nie oop nie weens betogings wat personeellede verhinder het om toegang te bekom tot die gebiede,” het Moepya gesê. Daar is ook in sommige gebiede slote gegrawe om voertuigtoegang te verhoed.

“Dit sluit wyk 8 in Ratlou in Noordwes; wyk 11 in Emfuleni en wyk 16 in Midvaal in Gauteng; wyk 1 in Umzimkhulu in KwaZulu-Natal; wyk 19 in Mbizana, wyk 6 en wyk 16 in Ntabankulu in die Oos-Kaap in.”

Die OVK het gesê spesiale stemme in Vuwani, Limpopo, sal eers Dinsdag begin, aangesien slegs 32 aansoeke vir spesiale stemme in dié gebied goedgekeur is.

Die OVK het gesê hulle het Maandag 28 klagtes ontvang wat verband hou met beweerde oortredings van die Verkiesingsgedragskode.

Altesaam 719 222 aansoeke vir spesiale stemme is goedgekeur: 315 597 (44%) tuisbesoeke en 403 625 (56%) by stempunte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

En brandstoftekorte ·

Voeg brandstoftekorte ook by hierdie lys van probleme.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.