Betogings ontwrig Eskom-dienslewering

(Foto: pixabay)

Eskom waarsku dat gebiede wat gebuk gaan onder betogings vertragings in dienslewering kan verwag.

Dit volg nadat gewelddadige betogings die afgelope naweek in KwaZulu-Natal en gedeeltes van Gauteng opgevlam het ná oudpres. Jacob Zuma se inhegtenisneming.

Betogers het Vrydagnag 26 vragmotors in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek en teen Saterdagoggend ses paaie in die eThekwini-distrik vir verkeer versper. ʼn Polisieman is ook Saterdag in Gauteng geskiet, terwyl verskeie winkels geplunder en die M2-hoofweg gesluit is.

“Eskom sal nie tegnici stuur na gebiede waar daar betoog word nie. Die veiligheid van ons werkers bly een van ons hoogste prioriteite en daarom sal alle tegnici onmiddellik uit sulke gebiede onttrek word,” het Monde Bala, groephoof van Eskom, gesê.

Bala het om verskoning gevra vir die vertragings en klante versoek om geduldig te wees. Eskom sal aandag skenk aan alle foute wat aangemeld is sodra daar ʼn aanduiding is dat die betogings bedaar het.

“Ons spanne sal voortgaan om die risiko’s te oorweeg en sal eers tegnici uitstuur indien dit veilig is vir hulle.”

Intussen het Eskom mense gevra om krag spaarsaam te gebruik nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens Sondag gewaarsku het dat nog ʼn kouefront op pad is. Koue en nat toestande sal na verwagting vandeesweek oor gedeeltes van Suid-Afrika beweeg.

“Daar is ʼn geruime tyd nie beurtkrag toegepas nie en die stelsel is nie meer onder soveel druk nie. Die kouefront sal egter veroorsaak dat meer krag gebruik word wat dan weer druk op die kragnetwerk sal sit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SjN ·

Indien daar ernstig en daadwerlike optrede teen die betogers is sal Eskom normaal voort kan gaan met dienslewering.

Anel ·

En so sal dit aangaan tot alles verwoes is en die land lyk soos Europa na die 2 de wêreld oorlog. Net ruïnes. Net daar het hulle alles weer opgebou. Hier sal dit vir ewig ruïnes bly. En wie moet ons bedank? Hoop nou net die hof besluit om zuma in die tronk te hou.

marius ·

Dan moet daar geweier word om te betaal . Sorteer dit met julle hoofman uit . Die land het gevou en die grashalm wat alles tot dusver moes op hou is nou gebreek . Dis die waarheid .

Kneh Mokenah ·

Laat Eskom maar die krag na al die woonbuurte, waaruit die betogers kom, afsny. Dan kan diegene wat nie betoog nie, die betogers uitsorteer om weer krag te kry.

ES ·

Verval die land in anargie, en waar is ons polisieminister met sy hoedjie? Hoekom word daardie kriminele wat nou die land afbrand nie aangevat nie?

Ek weet hoekom, die reels tel net vir wetsgehoorsame burgers….

Eugene ·

Is geweldadige betoging die moderne eufemisme vir sabotasie?

Baardman ·

Eskom soek net altyd n geldige verskoning om nie diens te lewer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.