Betogings verhoed konstruksiewerk by Noordwes-winkelsentrum

Betogings by ‘n konstruksieperseel in Tlhabane naby Rustenburg in Noordwes (Foto: ANA)

Paaie is afgesper en vroue het hul klere uitgetrek tydens ʼn betoging Woensdag in Tlhabane naby Rustenburg in Noordwes.

ʼn Groep inwoners het na die konstruksieperseel gegaan waar ʼn winkelsentrum opgerig word en geëis dat hulle in diens geneem moet word.

“Dis ʼn konflik van belange. Ons het ʼn ooreenkoms met die kontrakteur gehad dat 30% van die werk aan plaaslike mense gegee sal word,” het Geoff Moeletsi, leier van die gemeenskap, gesê. “Ons wil opkomende ondernemings bemagtig.”

Hy het gesê die gemeenskap wil hê die kontrakteur moet vir hulle ʼn verslag gee in verband met dié ooreenkoms.

Sommige vroue by die hek van die konstruksieperseel het hul bloese uitgetrek en veiligheidswagte uitgedaag om hulle te skiet, terwyl ʼn ander groep Mothuka- en Motsatsistrate met klippe versper het.

Veiligheidswagte het rubberkoeëls gevuur toe die groep klippe op die sinkplaatdakpanele gegooi het wat die konstruksieperseel bedek. Van die sinkplaatpanele is ook verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann Marx ·

Ek wens ek kon ook in my jong dae by ‘n plek instap en AANGEDRING om aangestel te word. Man, ek sou darem nou al vir jou ‘n fancy job gehad het….

KG ·

Johann ek dink nou aan dieselfde ding. Ek moes deur ‘n hele ou proses gaan om die werk te kry wat ek nou het. Maar nou ja, dinge het ongelukkig baie verander deur die jare…

MM ·

Dit is eintlik niks minder as reg om van daardie mense ‘n kans te gee om te werk nie. Al kan hulle net opruim, dagha meng ens. Nuwe ontwikkelings bring hoop aan die mense van ‘n dorp dat daar iewers ‘n werkie en geld sal kom. Kontrakteurs behoort daarvoor te beplan om ‘n aantal plaaslike mense in diens te neem.

santie ·

Johan, as jy in my era begin werk het (70’s) was daar nie ‘n tekort aan werk nie. Ons moes wél in die laagste poste aangestel word, en het jouself dan opwerk soos die jare aangegaan het. Daarom het werkers die besigheid geken omdat almal onder begin het om bo uit te kom. Maar daar was werk.

G ·

Hoekom tyd mors met rubberkoeëls? Hulle weet hul kom weg met als. Verras hulle ‘n bietjie.

not in wonderland ·

Gaan hierdie einste mense nie uiteindelik die winkelsentrum ondersteun nie? Gaan daar ‘n ankerhuurder wees soos ‘n groot supermark waar die gemeenskap ten minste die nodige sal koop?

Alida ·

Ai mense se asb vir my in watse land leef ons? Dat mens nou sulke goed moet beleef op jou oudag. Ek kan natuurlik weer nie se wat my eerlike opinie is nie want my kommentare word nie geplaas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.