Betogings vlam weer op in Koster

Polisiebeamptes verwyder klippe wat deur betogers in die pad gepak is. Foto: ANA

Tien mense sal Vrydag in die Koster-landdroshof in Noordwes verskyn nadat betogings opnuut in dié plattelandse dorp wes van Rustenburg uitgebreek het.

Sers. Ofentse Mokgadi, woordvoerder van die polisie, sê sommige van die beskuldigdes staan tereg op ʼn aanklag van openbare geweld, terwyl ander aangekla word van die besit van gesteelde goedere.

Dit kom nadat ʼn vragmotor waarin lewende hoenders vervoer is Donderdag tydens die betogings geplunder is. Die vragmotor is op die R52 in Reagile voorgekeer en toe geplunder. Die hoenders is teruggekry nadat vyf van die verdagtes in hegtenis geneem is.

Die ander vyf verdagtes is Woensdagaand in hegtenis geneem in verband met die gewelddadige betogings in die dorp verlede maand.

‘n Afgesperde pad weens betogings in Koster in Noordwes. Foto: ANA

Inwoners van Reagile het Donderdag die R509 tussen Koster en Swartruggens, asook die R52 tussen Koster en Rustenburg met klippe en brandende buitebande afgesper.

Die R52 was vanoggend steeds afgesper met jongmense wat buitebande op die pad aan die brand gesteek het. Die groep eis dat die tien mense wat in polisie-aanhouding is vrygelaat moet word en dat Kim Medupe, burgemeester van die Kgetlengrivier-munisipaliteit, bedank.

In teenstelling met die betogings verlede maand, was ondernemings vanoggend oop soos gewoonlik en leerders is toegelaat om skool toe te gaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gestremde ·

Lekker man!!!! Ek wil ook begin betoog en sommer ‘n trollie saamvat en “free shopping” vir die dag ook doen. Hoe die hel kan jy vir iets of dienste betoog waarvoor jy nie betaal nie?

Blommie ·

Hoekom word daar nie die fotos gewys van hoe die land wat gegryp word klaar verdeel is en dis baie beslis iemand professioneel n land meter wat dit opgemeet het, want dis presiese ewe groot stukke grond en wanneer mens daar verby ry word daar stu stuk skoon en gelyk gemaak vir n plakkers hut.
Hoekom word dit nie gewys nie. Hoe het dit gebeur laat niemand agter gekom het nie. Dat niemand kon sie, iemand is besig met afmetings nie. Paaltjies ingesit die hele storie en dis sover n mens met die oog kan sien net paaltjies. Reg langs die Laerskool van Koster. Ja nee, maar so word die stories toe gesmeer. Laat ek nou maar voorspel, daar gaan niks oorbly van jou hard verdiende eiendom nie. Jy gaan dit nie eers verkoop kry nie. Bitter jammer

snoefie ·

hoekom betoog hulle? die aangehoudenes word net bietjie gevoer en gehuisves. volgende maand is hulle rekordloos los. vyfster diens, verg vyfster betaling comrades. voorwaards, betaal!

HPV ·

Seker gesien daar is nog infrastruktuur om af te brand en te plunder.

Plantasiegorila ·

Is deesdae baie gevaarlik om n lewende hoenner op n vragmotor te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.