Betogings: Vonke spat in Limpopo

Betogers Donderdag in Mookgopong. Foto: ANA

Betogers Donderdag in Mookgopong. Foto: ANA

Brande is Woensdagaand in twee Limpopo-dorpe gestig, by ʼn huis en ʼn laerskool, vermoedelik deur ontstoke inwoners wat oor dienslewering betoog.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê in Modimolle (Nylstroom) is die burgemeester se ouers se huis in Phagameng met klippe en ʼn petrolbom bestook.

“Geringe skade is aan die sitkamer aangerig aangesien die inwoners vinnig die brand kon blus voordat dit versprei het. Niemand is beseer nie. “Twee mense word ondervra,” het Otto Vrydag gesê.

Inwoners in die gebied betoog al ʼn geruime tyd oor onder meer ʼn gebrek aan water. Hulle dring ook daarop aan dat die burgemeester, Elizabeth Lekalakala, bedank. Lekalakala se huis is op 23 Februarie ook beskadig.

In Mookgophong (Naboomspruit) is die skoolsaal van die Mokari Secondary School aan die brand gesteek. “Erge skade is aangerig. Geen beserings is aangemeld nie en niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het Otto gesê.

Die polisie ondersoek twee sake van brandstigting.

Otto het gesê die situasie in albei dorpe was teen Vrydagoggend kalm. Openbareorde-polisie bly in die gebiede om die situasie dop te hou.

Donderdag het Stan Mathabatha, Limpopo se premier, die gebied besoek om met die betogende inwoners te praat. Betogers het egter geweier om hul eise met hom te bespreek omdat die polisie nie die vergaderpunt wou verlaat nie. Die inwoners is woedend vir die polisie nadat ʼn plaaslike inwoner, Ben Matlou, Maandag tydens ʼn skermutseling tussen die polisie, ʼn private veiligheidsmaatskappy en betogers doodgeskiet is.

Mathabatha moes die gebied verlaat toe die betogers gewelddadig begin raak het. Die inwoners betoog ook oor dienslewering en dring daarop aan dat die burgemeester, Sara Manyamane, bedank.

Mathabatha het gesê hy is optimisties dat die regering oplossings vir die betogende inwoners se probleme sal vind. Hy het gesê al het inwoners die reg om te betoog, is hy omgekrap oor die vlakke van geweld wat tydens die betogings kop uitsteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Eddie ·

En so gaan dit net aan. As jy nie happy is oor iets nie brand dit af of vernietig dit want jy het mos nie betaal vir dit nie. Hierdie klomp maak my siek met hulle al ewige afbreek van alles. Maar kan seker nie te veel verwag van iemand wat net alles kry en nie sweet in sit vir dit nie.

Hendrik ·

Waar is die DA dan of is hulle soos dassies en kom net uit wanneer dit sonskyn en veilig is.? Nee wat die EFF gaan alles vat in Limpopo. Om te gaan stem is net daar om die sogenaamde demokrasie te herken. Stem is net daar vir die ouens wat elke vyfde jaar ewe skielik demokraties raak en almal voorsê om te gaan stem want elke stem tel. Tussen die vyf jaar dien hulle niks! Die DA sal dit ons doen want hulle dit mosies van wantroue eke dag in die parlement en het vir die afgelope 5 jaar net salaris getrek en niks gedoen om gemeendkappe te help. Hulle is net daar omvte vel voor verkiesings en te vra om vir hulle te stem.

KP ·

Brand af, daar gaan een van die dae nie meer oor wees om af te brand. Dan lyk SA soos die res van Afrika.

Nita ·

As iemand geboue afbrand moet hy onmiddelik 10 jaar tronkstraf kry. Dis juis so moeilik om genoeg skole, universiteite, huise en kantore gebou te kry. Om dit af te brand is uiters krimineel. Dit wys duidelik die mense het nie genoeg verstand om te besef wat dit kos om geboue op te rig nie

Isak Viljoen ·

Tien jaar van gratis kos gratis “DSTV” gratis geleentheid om verder te studer, gratis “gym” gratis komunikasie van uit die gevangenis om nog meer moorde te organiseer. Intussen betaal jy as getroue belasting betaler vir jou eie ondergang.

Anoniem ·

Wys net hoe dink ons…….lekker nou gaan hy op ons geld leef, leer, eet en mediese behandeling kry. NEE..brand sy besittings af!!!!!!!!!!!!!!

Penellope Jones ·

Immers het die skool darem seker sy opvoedingsdiens gelewer? Hoekom dit aan die brand steek?

wynand ·

Brand n slag hulle goed af die klomp gemors.Ek is so moeg vir die lot.Moenie weer opbou nie laat hulle so leef.

DPJ ·

Om af te brand en verniel is nie brtogings nie maar terrorisme. Iemand vind baat daar by nie. Nie eers betogers nie.
Maar hoeveel van die kommetators het al die mense besoek/gehelp om Gods Woord aan die betogers uit te dra????????

Takkie Takuuza ·

Gooi jou pêrels vir die varke…….Hulle maak selfs van jou Godsdiens ‘n bespotting en ‘n sirkus.

Anie ·

Die klomp dink nie hoe hul die osoonlaag vernietig met hul aanhoudende brande en vure nie. Wens ‘ Green Peace’ wil hier iets aan doen! Dit lyk elke dag verskriklik en Goeie Vrydag sit hul in Fnb stadium om kerkdienste te luister!

m ·

Die feit dat hierdie mense in kerkdienste sit beteken niks nie. More moor en brand hulle ma weer af.

fransie ·

En di president en anc sirkus (sirkus want n regering/ president moet n land kan regeer)is tjoepstil.
Hul laat die geweld toe.
Nee ons kort n President met oemf.

Sean ·

En hiervoor moet ons belastingbetalers maar weer opdok. Maar daar word nie iets daadwerkliks gedoen nie. Waar is die weermag, vir wie ons betaal. Dit is ‘n noodtoestand by definisie!

AITSA ·

Eens werkbare instellings en dienste substandard en vernietiging van infrastruktuur hoog op agenda
Swak munisipale administrasie
Swak dienslewering deur staatsinstansies
Ongekwalifiseerde amptenare van die staat
Kan iemand positiewe terugvoer gee?
My mening is dat niemand, maak nie saak wat die gesindheid ookal is, hierdie vlak van lewe kan verander nie. Nie eens die wil van mense wat omgee nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.