Betogings woed ook op UKZN-kampus

'n Vroeëre betoging by die Universiteit van KwaZulu-Natal. Foto: Twitter via @UKZNFMF

‘n Vroeëre betoging by die Universiteit van KwaZulu-Natal. Foto: Twitter via @UKZNFMF

Betogings het Donderdagoggend by die Westville-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) opgevlam.

Die pad na die kampus was afgesper aangesien voertuie deur stakende werkers met klippe bestook is. Die werkers eis dat hulle voltyds deur die universiteit aangestel word. ʼn Kampusveiligheidsvoertuig is na bewering ook deur die werkers omgekeer.

ʼn Universiteitsbeampte, wat gevra het om anoniem te bly, het gesê sy moes noodgedwonge die kampus deur ʼn ander ingang binnegaan.

Daar word verneem dat die werkers, hoofsaaklik skoonmakers, tans op kontrakgrondslag aangestel word, maar dat hulle ontevrede is hiermee. Studente het glo by die werkers se betoging aangesluit.

Die universiteit het gesê hulle sal later ʼn verklaring oor die saak uitreik. Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DPJ ·

Die dwaas stel nie belang in. Insig nie, hy wil net sy eie opinie bekend maak.

Skep Ties ·

Ek is gelukkig ‘n voltydse nagraadse student wat nie tegnies klasdraf nie maar ek het innige simpatie met diegene wat wel klas moet draf om hulle graad te verwerf en werklik bereid is om hard te werk om einde ten laaste sukses te behaal. Dit is uiters onregverdig dat ‘n paar anargiste so blatant toegelaat word om met studente wat goed gesind is se toekoms te dobbel. Afgesien van ‘n burgeroorlog, is daar in my opinie net drie opsies. 1) Wees tevrede met sub-standaard UNISA, 2) Stuur jou kind na ‘n private SA tersiêre instansie soos CTI, CTU, Monash, Akademia, ens. of 3) Stuur jou kind oorsee.

Lezette ·

Ek stem. Studeer aanlyn of by n privaat instansie. Brand al die universiteite af dan is daar geen meer klagtes oor(fees must fall, outsourcing, language, statues)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.