Betogings woed voort in Kleinmond

Brande word gestig tydens betogings in Kleinmond in die Wes-Kaap (September 2017). Foto: Facebook

Verskeie winkels is gesluit, leerders en werknemers is huis toe gestuur en dienslewering is beïnvloed terwyl betogings in Kleinmond in die Wes-Kaap Woensdag voortgewoed het.

Laerskool Kleinmond het Woensdag vir die tweede agtereenvolgende dag gesê die skool het besluit om weens “die onvoorspelbaarheid van die situasie” te sluit. Overstrand Herald, die plaaslike koerant, het op sy Facebook-blad gesê sy personeellede is weens die betoging huis toe gestuur en daar sal nie Donderdag ʼn koerant verskyn nie.

Die Overstrand-munisipaliteit het op sy beurt gesê geen vullisverwydering sal in die Hangklip- en Kleinmond-gebiede gedoen word nie en inwoners is gevra om hul vullis tot verdere kennisgewing te hou. Intussen is die beplande instandhoudingswerk aan die waternetwerk in Sandbaai tot Donderdag uitgestel.

Volgens berigte is verslaggewers en fotograwe Woensdag deur die betogers met klippe bestook. Paaie na die dorp is weer gesluit.

Brande word gestig tydens betogings in Kleinmond in die Wes-Kaap (September 2017). Foto: Facebook

Maroela Media het vroeër berig woedende inwoners van die informele nedersetting Over Hills, net buite die dorp, is sedert Maandag besig met protesaksie waartydens paaie met brandende bande versper word, brande gestig en polisiebeamptes met klippe bestook word. Die betoging spruit uit die inwoners se ontevredenheid oor ʼn tender wat toegeken is vir die skoonmaak van strate in Kleinmond. Die tender is aan ʼn man van Zwelihle (tussen Sandbaai en Hermanus) toegeken en die inwoners is ontevrede omdat die tender nie aan ʼn plaaslike inwoner van Kleinmond gegaan het nie.

Rudolph Smith, burgemeester van Overstrand, het aan Maroela Media gesê dit blyk dat die betoging nie meer oor ʼn tender gaan nie, maar eerder in algehele wetteloosheid ontaard het. Hy het gesê ʼn vergadering wat Dinsdag tussen hom en een van die gemeenskapsleiers plaasgevind het, het nie tot ʼn oplossing gelei nie.

Betogings in Kleinmond in die Wes-Kaap (September 2017). Foto: Twitter via @diverene

“Die betogers wil hê ek moet daar in die gebied waar die geweld aan die gang is ingaan en hulle kom toespreek. Hulle is nie bereid om op ʼn neutrale plek te ontmoet nie. Die polisie het gesê dit is te gevaarlik en hulle kan nie my veiligheid waarborg nie. Die gemeenskap se leiers sê ook hulle kan nie my veiligheid waarborg nie,” het Smith gesê.

Hy het gesê daar is Woensdagmiddag ʼn vergadering tussen die munisipale bestuur, die SAPD en ander rolspelers gehou om te besluit op die strategie vorentoe.

“Die polisie is deurentyd op die toneel. Daar is nie sprake van onttrek nie. Hulle is daar en hulle hou die situasie onder beheer.” Smith het gesê volgens sy kennis is daar nog nie betogers in hegtenis geneem nie, maar sal inhegtenisnemings binnekort volg.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Vra net ·

N simpel vraag. Het daar niemand van die ou onluste eenheid in die SAPD oorgebly nie ?

Irene ·

Hulle doen net wat hul wil want hul weet niks word aan hulle gedoen nie maar het ek net a skewe woord gelos word ek toegesluit

Gys ·

Ons nuwe Suid -Africa gee nie die polisie die reg om sulke probleme vinnig op te los nie. Sodra die polisie ingruip dan kla die publiek of unies oor mense regte wat geskend word en dan is daar dalk weer n voorval soos Marikana.

John ·

Dit wys mens net, onluste kan op enige plek voorkom as dit in die rustige aftree-dorpie kan gebeur. Die ANC wil ten alle koste daar beheer oorneem… Hulle is agter iets anders… Wat?

Akademie Buktu ·

Ek wonder hoeveel van daardie betogers/inwoners van die informele nedersetting is werkloses vanuit die Oos-Kaap afkomstig, en wat Wes-Kaap toe stroom en dan daar “demand”?

Andre ·

Dit gaan meer as net wat die media sê. Hoekom hoor ons ook nie die feit dat betogers die blankes se huise will afbrand nie. Gee ons die ware feite.

Hennie ·

Ek het geen probleem met vreedsame betogings nie, maar wanneer dit gewelddadig raak of eiendom beskadig word, moet daar hardhandig opgetree word, selfs al beteken dit om regte ammunisie te gebruik. Een só ‘n goeie sessie sal hulle twee keer laat dink voordat dit weer gebeur. Dit raak nou die algemene manier, indien ons nie tevrede is nie, dan breek ons maar af!

Die Rebel ·

Die belasting betalers van Kleinmond moet net eenvouding hulle foet neersit en ophou betaal totdat hierdie anargiste in die tronk sit.

Nog n ding, as iemand rotse of klippe of steene die pad af roll op mense of na iemand gooi. Dan is die hell los.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.