Betrokkenes by Eskom-ondersoek ‘sal beskerm word’

Argieffoto: GCIS

Die parlement het Woensdag gesê hy stel maatreëls in om die veiligheid van LP’s en werknemers wat betrokke is by die wetgewer se ondersoek na bewerings van staatskaping by Eskom te verseker.

Lechesa Tsenoli, adjunk-speaker van die nasionale vergadering, het in ʼn verklaring gesê die parlement is baie bekommerd oor dreigemente wat teen Zukiswa Rantho, ʼn ANC-LP en die voorsitter van die ondersoek, Natasha Mazzone, ʼn DA-LP, en Ntuthuzelo Vanara, die parlementêre regsadviseur wat as bewysstukleier waarneem, gemaak is.

“Dit is totaal onaanvaarbaar om ʼn lid of ʼn beampte van die parlement aan te val omdat hulle die wettige werk van ʼn komitee van die wetgewer doen. Ons ondersteun lede en beamptes van die parlement wat hul werk uitvoer soos dit in die Grondwet vervat is ten volle,” het Tsenoli gesê.

Tsenoli het verder gesê die parlement wil graag aan die publiek die versekering gee dat sekere prosesse ingestel is om die veiligheid van dié wat die ondersoek uitvoer en die veiligheid van die ondersoek self te beskerm.

Rantho het vroeër aan die media gesê haar seun is deur onbekende mans in ʼn swart Golf GTi gedreig. Daar is glo vir hom gesê: “Jou ma maak ons lewe moeilik.” Mazzone het gesê sy is agtervolg en dat daar by haar motor ingebreek is.

Vanara het in ʼn beëdigde verklaring aan die parlement beweer Bongani Bongo, die minister van staatsveiligheid, het hom probeer omkoop om uit te tree as bewysstukleier in die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eish ·

Niks minder as reg nie. Die parlementêre ondersoek na die SAPS verkrygings is net so n gedreigery. Mens slaan eenvoudig jou hande saam oor die vergrype.

Fourie ·

Hierdie dreigement is op sigself skreiende bewyse dat iets baie skrikwekkends verdoesel moet bly! Hoop die parlement en komitee(s) het adjunkte in hierdie mense se plekke sodat die ondersoek kan voortgaan, sou iemand onbevoeg raak om verder te getuig. Mag God Sy hand oor almal hou in die soeke na geregtigheid.

Johann Marx ·

Alan Grey’s Chief Investment Officer: In 2003 Eskom employed +/- 32 000 people. Today they employ +/- 47 600. An increase of almost 50%. The average annual salary of each Eskom employee has risen from R220 000,00 per year to R785 00,00 per year….massively over the inflation rate. And here’s the real crunch: Eskom’s electricity production is the same as it was in 2003. In other words….Eskom’s employees doubled and their salaries tripled over the past 14 years…yet they deliver the same amount of electricity. That’s called a productivity meltdown…..No wonder the taxpayers and consumers are coughing up Billions to keep Eskom going. And the same at SAA, SAPS..and every other State Institution, where the workforce grows, the salaries sky-rocket and the productivity plummets. No economy can withstand this….

Eish ·

Ja, in die helhool het werk vir n bestaan verander na stem vir n bestaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.