Beurs- en studiefonds vir Afrikaanse studente gestig

Tuks-studente. Argieffoto

Tuks-studente. Argieffoto

AfriForum Jeug het ʼn beurs- en studiefonds gestig ten bate van Afrikaans en studente wat in dié taal wil studeer.

“Donateurs en alumni wat ʼn bydrae tot die fonds wil lewer, sal nie net ʼn verskil in Afrikaanssprekende studente se lewens maak nie, maar ook ʼn verskil in die bevordering en ontwikkeling van Afrikaans teweegbring,” het Morné Mostert, nasionale projekkoöordineerder, gesê.

Mostert het verduidelik die fonds is gestig nadat die Universiteit Stellenbosch (US), Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit van die Vrystaat (UV) verlede week besluit het om Afrikaans as onderrigmedium af te skaf.

“Dié universiteite het dit duidelik gemaak dat hulle nie daarin belangstel om inheemse tale en moedertaalonderrig te bevorder nie. AfriForum Jeug moedig donateurs en alumni wat in dié universiteite belê en ten gunste van Afrikaans as onderrigtaal is, om hul beleggingsbesluite te heroorweeg,” het Mostert bygevoeg.

Bernard Pieters, AfriForum Jeug se Maties-kampuskoördineerder, het gesê die fonds wat deur AfriForum Jeug gestig is, sal onafhanklik deur Helpende Hand bestuur word en nie aan politieke druk toegee nie.

AfriForum Jeug het onlangs ook aangekondig dat vier Afrikaanssprekende studente aan die UP, UV, US en Noordwes-Universiteit (NWU) in Potchefstroom elk ʼn beurs ter waarde van R20 000 kan wen. Om in aanmerking daarvoor te kom, kan studente hul naam en die naam van die kampus waar hulle studeer na 32687 SMS (R1 per SMS).

Alumni of donateurs wat tot AfriForum Jeug se studiefonds wil bydra, kan ʼn e-pos aan Evalna Pieterse by [email protected] stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

PW Kruger ·

Dankie tog vir Afriforum Jeug! Ons sal hande moet vat en diep in die sakke moet steek sodat ons nageslag ‘n opvoeding kan bekom.

JC ·

Baie oulik man! Hou so aan, ons almal ondersteun jul ten sterkste!

Johann ·

Hoe en waar dra ons by? Praat in Afrikaans…baklei in Afrikaans…dink in Afrikaans: EN GEE MY GELD UIT IN AFRIKAANS! Wat van jou!

jaco ·

gaan hierdie studente werk kry na voltooiing van hulle studies? Ek het onlangs op TV gesien dat ‘n studente wat gestudeer het met lenings en beurse wat moet terugbetaal word, na afloop van hulle studies gemiddeld R250 000 studieskuld het. Watter werk betaal vanaf dag 1 genoeg dat hierdie skuld maklik afbetaal kan word? Voeg affirmative action by vir die wittes wat na studie en met reusagtige skuld moet werk soek en dit nie kry nie NET omdat hulle wit is, en ons stuur op n ramp af.
In my pogings om werk te soek, het ek later my universiteitskwalifikasies afgehaal van my cv af. volgens my cv was ek op universiteit, maar ek het niks daar behaal nie. Hierdie plan van my het gewerk: ongemaklike opmerkings oor “over-qualified” en “wrongly qualified” het nie meer in werksonderhoude opgeduik nie en uiteindelik het ek goeie werk gekry.

Popeye ·

Hoop vir Afrikaanses, Afrikaans sprekendes….hoop vir Afrikaans!

Barry ·

Afriforum jou yster!Wel gedaan!Stig asb ñ sms stelsel waarby ons almal kan bydrae..R2 of R5 per sms of so..

JT ·

Wanneer sal die regering die universiteite oor vat? Wanneer die huidiges nie meer funksioneer nie?

petra ·

Danki dankie! Eis die geld van die universiteite terug wat met die stigting daarvan vir Afrikaans aangewend was want die kontrak is dus nou verbreek.Eis dan ook skadevergoeding vir die pyn en lyding waardeur die Afrikaanse studente moes gaan om hulle taal te kan behou. Kan daar seviele sake teen die betrokke individiee gemaak word wat besluit het om Afrikaans af te skaf want dit is ook kontrakbreuk? Gee hulle opdraend op enige manier moontlik. Julle het die geleerdes om dit te doen .Ons glo in julle!!

Anoniem ·

Niemand, maar niemand gaan die bevrediging kry om Afrikaans of die Afrikaanssprekende te sink nie, daarvoor is daar nog te veel mense wat omgee vir die behoud van hulle taal .

willie ·

Afri en Sol. kan julle die betrokke univ. hof toe neem vir breuk van kontrak weens die voorwaardes oor Afr. waarvoor die Unv destyds gestig was?Sal julle dit ondersoek? Ek glo in julle en sterkte!!

christine ·

Jan S Marais het die plaas waarop die Stellenbos universiteit staan geskenk ter bevordering van Afrikaanse studente. En nie vir n ander doel nie. Soos ek verstaan vlg reg sou ek enige fondse by n prokureur op n trust sit vir die doel om my borg te betaal mag dit net vir daardie doel aangewend word so as Afrikaans nie meer bevorder word nie gee dan terug die grond

John ·

Ek hoop arm stedelinge se kinders sal ook ‘n plekkie in die ry kry en nie net die bedorwe spruitjies van plaasboere wat weens ‘n eenjarige droogte kapoet toneel gespeel is nie…

Sarie ·

Soos ek verstaan kan almal wat kwalifiseer vir n beurs aansoek doen. Ek sal ook wil sien dat dit gaan vir studierigtings waar jyself n werk kan skep of wat groot in aanvraag is soos verpleegkunde .Politieke Wetenskap en Etiek is uit.

Sarie ·

Soos ek verstaan kan almal wat kwalifiseer vir n beurs aansoek doen. Ek sal ook wil sien dat dit gaan vir studierigtings waar jyself n werk kan skep of wat groot in aanvraag is soos verpleegkunde .Politieke Wetenskap en Etiek is uit.

alida ·

Die beste dokters, spesialiste, ingeneurs en vele meer het in SA gestudeer in AFRIKAANS. Wat laat hierdie mense glo Afrikaans gaan net sommer so van die tafel afgevee word. Dit is belaglik. Hulle onderskat ons afrikaners. Ons het deursettingsvermoë en sal ons nie laat vertrap nie. Die Universiteite sal gou-gou agterkom as hulle beursies begin leeg raak waar die geld eintlik vandaan gekom het. Los hulle en kyk. Intussen loof ek die mense wat ingespring het om ons taal te red. Kom ons dra by tot die nuwe Afrikaanse Universiteit en wys hulle ‘n punt of twee.

Lida ·

Ag kom nou Gerrit dit gaan tog vir ‘n goeie doel. Hoeveel wil jy skenk R5 of R5m.

Elsa ·

Hoe kan ek aansoek doen vir ‘n beurs vir my kind. Hy het verlede jaar gematrikuleer. Wil graag vir ‘n “draughtsman” gaan leer.

Lida ·

Genade Elsa bel Afriforum se kantore. As jy nie die nommer het nie bel 1023 hulle gee dit vir jou. Dit is so maklik soos dit.

Hendrik von Wielligh ·

Hier is so n enkele kommentaar wat verklap dat die persoon n verbitterde mens is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.