Beurtkrag afgegradeer na fase 4

Argieffoto (Pixabay)

Eskom het aangekondig dat hy Dinsdagaand van 22:00 tot 23:00 weer fase 4-beurtkrag gaan toepas.

Eskom het Maandagmiddag fase 4-beurtkrag na fase 6 opgeskuif weens tegniese probleme by sy Medupi-kragsentrale in Limpopo wat ’n tekort aan opwekkingskrag veroorsaak. Die swaar reën het boonop ook probleme met die hantering van steenkool, sowel as bedryfsprobleme veroorsaak.

Luidens ’n verklaring uitgereik deur Eskom werk die tegniese span hard om die tegniese probleme te herstel.

Volgens Jabu Mabuza, voorsitter van die Eskom-raad, is die kragvoorsiener jammer dat beurtkrag wéér ingestel moet word Dinsdag. “Ons vra opreg om verskoning aan alle Suid-Afrikaners vir die ongerief wat beurtkrag veroorsaak,” sê Mabuza.

Mabuza sê Eskom sal Suid-Afrikaners op die hoogte hou van die kragsituasie by Medupi.

Waar kry ek my beurtkragskedule?

Indien Eskom jou elektrisiteit verskaf, kan jy jou beurtkragskedule kry deur www.loadshedding.eskom.co.za te besoek of 0860 037 566 te skakel.

Indien ʼn munisipaliteit jou elektrisiteit voorsien, kan jy die volgende webwerwe besoek of inbelsentrums skakel.

City Power (Johannesburg): www.citypower.co.za of 086 056 2874
Ekurhuleni (Oos-Rand, Gauteng): www.ekurhuleni.gov.za of 086 054 3000
Tshwane Metro (Pretoria): www.tshwane.gov.za of 012 358 9999
eThekwini (Durban en omliggend): www.durban.gov.za of 080 131 3111
Stad Kaapstad: www.capetown.gov.za of 086 010 3089
Nelson Mandelabaai: www.nelsonmandelabay.gov.za of 041 506 5555
Polokwane (Limpopo): www.polokwane.gov.za of 015 290 2490
eMalahleni (Witbank en omliggend): www.emalahleni.gov.za of 013 690 6911
Umhlathuze: www.umhlathuze.gov.za of 080 022 2827

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Spark Plug ·

Ons almal weet hulle lieg en glo nie n woord nie. Vat my woord, ons almal is vanaand weer in die donker

Wie weet ·

af gegradeer na vase 4 is dit nou ondersteld om goeie nuus te wees
geen beurt krag dan sal ons dankie se

Goeie vraag ·

Die situasie kan net verbeter en self omgekeer word as alle kraggebeuikees betaal. Eskom kan die keag heeltemal opskort na soweto en ander niebetalende munisipaliteite maar hulle will nie. Die huidige en voornemende kissers more mos betaal word om te stem en daarom moet die klein persentasie betalers te volle uitgebuit word om vir die niebetalende menigtes te subsideer. Dis big. Ek hoop besighede dagvaar en ruïneer eskom vir die verliese wat hulle ly omdat eskom nie die politieke wil het om alle gebruikers een prys per eenheid te laat betaal ongeag waar hulle is of hovel hulle gebruik nie.

Bert ·

Nee James, die hele dag fase 6 en vir 1uur fase 4.
Fantastise nuus man.

Skepties ·

Hulle is jammer oor die ongerief! Wat van die verliese wat ek het agv hul onbevoegdheid?

Petrus ·

Verbeel ek my, maar nog nie ‘n dooie woord van betrokke Minister gehoor. Almal tjoepstil.

Goeie vraag ·

Die situasie kan net verbeter en self omgekeer word as alle kraggebeuikees betaal. Eskom kan die keag heeltemal opskort na soweto en ander niebetalende munisipaliteite maar hulle will nie. Die huidige en voornemende kissers more mos betaal word om te stem en daarom moet die klein persentasie betalers te volle uitgebuit word om vir die niebetalende menigtes te subsideer. Dis big. Ek hoop besighede dagvaar en ruïneer eskom vir die verliese wat hulle ly omdat eskom nie die politieke wil het om alle gebruikers een prys per eenheid te laat betaal ongeag waar hulle is of hovel hulle gebruik nie.

JohanR ·

Ek bly naby Cavendish Sq in Kaapstad, en uit ‘n 10 uur werks dag kan seker net 5 uur se besigheid gedoen word, en dit is maar een Mall. Honderde duisende rand moet verlore gaan met beurtkrag. Die ANC het van hierdie land ‘n grap gemaak!!

Spook op thaba ·

Ek praat onder korreksie maar daar is blykbaar n stemboodskap wat die rondte doen dat Eskom n oorsese maatskappy rondom 500 000 skuld vir olie en dat die maatskappy nou nie meer olie verskaf agv van geen betaling. Dit glo die rede vir loadshedding. Ek weet nie hoe waar dit is

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.