Beurtkrag: Amal se ligte Sondag aan

(Argieffoto)

Eskom het Sondag aangekondig dat beurtkrag vir die res van die dag opgeskort is. Fase 1 sou vandag vanaf 17:00 tot 22:00 geïmplementeer word.

Dit volg nadat die kragvoorsiener ʼn “marginale verbetering in opwekkingskapasiteit” ervaar.

Eskom het nietemin gewaarsku teen ʼn verhoogde risiko van beurtkrag in die komende weke indien die tekort aan opwekkingseenhede voortduur.

Die kragvoorsiener moet in dié stadium klaarkom sonder 4 331 MW weens beplande instandhoudingswerk en ʼn bykomende 13 805 MW weens onbeplande onderbrekings.

“Ons wil lede van die publiek opnuut herinner dat beurtkrag ingestel word as ʼn laaste uitweg om die nasionale kragnetwerk teen ʼn totale ineenstorting te beskerm,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

“Ons doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om te help om die impak van die tekort te beperk deur die gebruik van elektrisiteit te verminder en alle nie-noodsaaklike elektriese toerusting af te skakel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wondermaarnet ·

Dit help nie die verbruiker verminder kraggebruik nie, want dit is nie die probleem nie. Die probleem is onbevoegde mense wat kragstasies in stand moet hou en kabel diefstal.

Deon ·

Die opskrif van hierdie berig, ek verstaan die plek was gekaap en gebreek en gesaboteur en al wat n slegte ding is, maar ek kan nie help om dit te vergelyk met die oorhandiging van die staatskapings verslae waar dit soos n prys uitdeling oorhandig is nie… So ons moet seker nou baie baie dankie se want daar is krag?

Swerwer ·

Verskoning op verskoning……………….bou ‘n brug en kom daaroor Eskom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.