Beurtkrag bedags weer terug

(Argieffoto)

Fase 1-beurtkrag sal Woensdag en Donderdag vanaf 05:00 tot 16:00 ingestel word.

Fase 3-beurtkrag sal egter steeds Dinsdag vanaf 16:00 tot middernag geld.

Eskom sê die instelling van fase 1-beurtkrag bedags is te wyte aan ʼn toename in probleme by opwekkingseenhede.

“Beurtkrag sal Donderdag om middernag tot Vrydag om 16:00 opgeskort word en fase 3-beurtkrag sal weer van 16:00 tot middernag geld.”

In dié stadium is 14 991 MW opwekkingskapasiteit weens onklaarrakings nie beskikbaar nie en nog 4 264 MW is onbeskikbaar weens beplande instandhoudingswerk.

By Grootvlei, Kriel en Matla is opwekkingseenhede die afgelope 24 uur weer aanlyn gebring, maar terselfdertyd moes ʼn eenheid by onderskeidelik die Majuba- en Tatuka-kragstasies weens probleme uit diens gestel word.

Daar is ook vertragings om opwekkingseenhede by die Tutuka-kragsentrale weer aanlyn te bring en volgens Eskom dra dit by tot kapasiteitsbeperkings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jaco ·

Wat dan nou van die minister van elektrisiteit se uitspraak oor die vordering met die vermindering van beurtkrag???

annie ·

Nou toe nou. Moet ons nou dankbaar wees oor grootpraat se beloftes. Kry hy ‘n groot bonus daarvoor?

Owlie ·

Ai shame die minister het dan alles onder beheer en goeie vordering gemaak ……… of was dit net nog n rookskerm om Andre de Ruyter, die waarheid en sy boek te vertrap

Eugene ·

Beurtkrag terug, maar eintlik nog meer beurtkrag. Julle fire de Ruyter oor beurtkrag so Wie gaan nou gefire word? Vra maar net.

Papsak ·

Nou ek dink daar is amper lig in die tonnel hoe dan nou Magopa jy was so vol van jouself nou hoe nou ek geweet daar gaan niks kom nie pluk jou en eskom reg en spog dan slaan jou naam met n plank lag ek nou

My siening ·

Mense wat minister elektriesieteit glo is naïef! Hulle hardloop die krag in onvolhoubare rat vir verkiesings maar dit gaan opblaas in die rassistiese regstellende aksie regering!

Lood ·

Maak julleself maar gereed om so twee van nou af geen krag te hê nie. Dis aan die gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.