Beurtkrag beskadig hof se opnemer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Saak teen ʼn man wat daarvan beskuldig word dat hy sy buurman se 12-jarige dogter verkrag het, kon nie Donderdag in die Tonga-streekshof in Mpumalanga gehoor word nie, aangesien ʼn kragonderbreking ʼn opnemer beskadig het.

Zakhele Mavuso (35) van Sibayeni naby die grens van Swaziland en Mosambiek, het onskuldig gepleit op alle aanklagte teen hom, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

Landdros Edgar Moletsane het aan die hof gesê die saak kan nie voortgaan nie, aangesien die opnamemasjien die oggend weens ʼn kragonderbreking beskadig is.

Die slagoffer se tannie het Woensdag getuig dat die meisie se halfsuster haar vertel het dat sy gereeld na Mavuso se huis toe gaan ná skool. “Ons het na Mavuso se huis gegaan om die bewerings te bevestig,” het die vrou gesê. “Vier van ons het gewag en ek was geskok toe sy by Mavuso se kamer uitgekom het.”

Toe hulle by die slagoffer wou weet wat doen sy by die huis, het sy begin huil. Sy het later bekend gemaak dat Mavuso haar seksueel mishandel.

Moletsane het die saak tot 1 April uitgestel vir uitspraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.