Ná verskeie beurtkragvrye dae het Eskom Dinsdag gesê beurtkrag bly in hierdie stadium tot Woensdag om 16:00 opgeskort.
“Die voortgesette opskorting van beurtkrag vir meer as vier dae is te danke aan voldoende noodopwekkingsreserwes en die verwagte piekaanvraag saans wat vir vandag op 27 482 MW staan,” sê die kragvoorsiener.
Dinsdag is die vyfde dag sonder beurtkrag.
Fase 1-beurtkrag sal Woensdag om 16:00 hervat word en tot Donderdag om 05:00 duur. Hierna word beurtkrag weer tot 16:00 opgeskort.
Dié patroon sal tot verdere kennisgewing daagliks herhaal word.
En in Lichtenburg sit ons al vanaf 15 Oktober sonder elektrisiteit.
Weet die geagte minister van elektrisiteit waar Lichtenburg is?
Die lichte is af op Lichtenburg. Dis donker daar by julle
Daar waar geen ligte is nie, Samuel.
Dis net te dankie aan meer mense en besighede wat hulle eie krag opwek
100% in die kol!
Stem saam Daisy, en die mense wat ander planne maak was die getroue betalers van hul maandelikse verbruik, hul verloor dus nou die inkomste, Eskom se probleem raak net groter met die wanbetalers, Ek koop maandeliks pre paid krag, maw vooruit en as ek dit wil gebruik, is dit soms nie beskikbaar nie, jy kan mos nie iets verkoop wat jy nie het of voorsien nie?
Ons het 2 weke laas loadshedding gehad. Maar ek weet dit kom. Een of ander kragstasie gaan weer ontplof of iets. Niks goeds in hierdie land hou lank nie dan sit ANC dadelik ń stop aan dit.
As jy hier kan lees en verstaan, net die volgende om te onthou.
Moenie dat die ANC jou met n slap riem vang as die beurt krag verminder nie.
Dit is net n skelm streek om weer n paar miljoen te kry om weer ANC te stem.
Moontlik gaan die ANC nog sekeres inkatrol om die bandstand prys ook te verlaag die vlg paar maande.
Wakker slaap.
Sjoe, vandat Andre weg is gaan dit sommer weer beter. Moes lankal van hom ontslae geraak het. Hy kon maar net nie die mas opkom nie.