Danksy verbeterde kragopwekking, bly beurtkrag opgeskort tot Maandagmiddag om 16:00.
Die kragvoorsiener het gesê fase 2-beurtkrag sal daarna van 16:00 tot Dinsdagoggend om 05:00 ingestel word. Beurtkrag sal Dinsdag weer van 05:00 – 16:00 opgeskort word.
“Hierdie beurtkragpatroon sal daagliks voortduur tot verdere kennisgewing.
Eskom sal verdere besonderhede verskaf indien enige beduidende veranderings plaasvind.