Beurtkrag bly vir eers

(Argieffoto: pixabay)

Eskom het bevestig dat beurtkrag tot Woensdagoggend sal voortduur weens ’n tekort aan kapasiteit.

Die kragvoorsiener sê in sy daaglikse verklaring dat fase 1-beurtkrag Dinsdag omstreeks 09:00 in werking getree het en tot Woensdag omstreeks 06:00 sal voortduur. Dit is in ’n poging om noodreserwes aan te vul.

Onbeplande onderbrekings het vanoggend (Dinsdag) 06:55 op 11 016 MW gestaan.

Eskom herinner weereens daaraan dat ’n moontlikheid van beurtkrag oor die volgende 18 maande bestaan, weens noodsaaklike instandhoudingswerk.

Die kragvoorsiener waarsku dat veranderinge in die stelsel ook kan lei tot ’n moontlike verandering in die fase van beurtkrag wat geïmplementeer word. Eskom doen dus ’n beroep op gebruikers om elektrisiteit spaarsaming te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nie Verbaas ·

So met ander woorde, niks nuuts nie. Welgedaan Eskom. Ons is trots op julle!

Madelein ·

hoe meer spaarsamig ons krag gebruik, hoe minder krag aan Eskom verkoop en dan vra hulle vir verhoogde tariewe – snowball effek – met of sonder loadshedding

Marie ·

Ag hulle praat bollie. Ons krag het vanoggend 04:57 op Groep 13 in Centurion afgegaan. Nie eers om 9:00 in werking getree soos wat hulle hier sê nie.

Anel ·

Wat verstaan hulle. Hoe minder krag gebruik word, hoe minder geld kry hulle. Vorder eers die geld van die wanbetalers ook in, en sny sommer hulle krag af tot hulle betaal het. As hulle skuld betaal is, sal Eskom nie meer probleme hê nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.