Beurtkrag dalk dié naweek

Argieffoto: Unsplash

Daar bestaan ʼn groot waarskynlikheid vir beurtkrag dié naweek.

Eskom het Vrydagmiddag gesê die kragnetwerk verkeer steeds onder geweldige druk. Die kragvoorsiener het gevolglik ’n beroep op verbruikers gedoen om hul elektrisiteitsverbruik oor die naweek te verminder om sodoende die risiko vir beurtkrag te verminder.

Eskom ervaar ’n gebrek aan kapasiteit ná ʼn verlies van verskeie kragopwekkingseenhede en eenhede wat roetine-instandhouding ondergaan.

“Ons het tans 7 452 MW op roetine-instandhouding en 11 035 MW van kapasiteit weens onbeplande instandhouding. Addisionele opwekkingseenhede is sedert gisteraand weer in gebruik geneem. Eskom se spanne werk onverpoosd om so veel as moontlik van die kragopwekkingseenhede weer aan die gang te kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann ·

Loshande die grootste voorbeeld van die onbesonne onbevoegdheid van die ANC.

Persheks Adri ·

Ja Eskom ons verkeer ook onder druk, maar werk nog steeds! Pateties verby en ons betaal net pffft

JohanR ·

I’m dreaming of a black Christmas. Se vir ons nou Eskom hoeveel jy nog soek by die verbruikers? Dit word donker, dit word lig, dit word donker en dan vra Eskom vir ‘n tarief verhooging. Dit is soos ‘n plaat vat vashaak elke jaar al vir 23 jaar. Die ander 3 jaar van ANC bewind het Eskom nog gewerk want daar was bekwaame mense nog daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.