Beurtkrag dalk vanaand ingestel

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Janosch Diggelmann/Unsplash)

Eskom het Maandagmiddag in ʼn kort verklaring gesê dat fase 2-beurkrag dalk vanaand op kort kennisgewing tussen 18:00 en middernag ingestel kan word.

Dit is weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit.

Luidens die verklaring was daar in die afgelope 24 uur verskeie opwekkingseenhede wat onklaar geraak het. Altesaam drie opwekkingseenhede het by die Kriel-, Majuba- en Matla-kragstasie onklaar geraak, terwyl drie eenhede by die Arnot-kragstasie die gees gegee het.

ʼn Toename in die vraag na elektrisiteit as gevolg van die koue front wat deur die land beweeg, het ook bykomende druk op die kragnetwerk geplaas.

Eskom sê 4 508 MW se opwekkingskapasiteit word tans aan beplande instandhouding afgestaan, terwyl 13 622 MW weens onbeplande onklaarrakings nie beskikbaar is nie.

Suid-Afrikaners word versoek om krag spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Riaan ·

Is daar werklik geen “investigative journalist” wat vir ons kan uitvind hoekom daar so baie eenhede net die “gees gee nie”. Is ek die enigste persoon in Suid-Afrika wat dit vreemd vind dat ‘n eenheid weer die gees gee wat onlangs “herstel” is.

Carel ·

Selfde kragstasies as die vorige drie kere?.
Swak vakmanskap

SjN ·

Hoeveel onwettige verbindings is reeds verwyder Na vorige beurtkrag?

Sarel ·

My vraag ” hoe is dit moontlik? ” maar niemand anrwoord nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.