
Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)
Eskom waarsku hoewel die beurtkrag wat oornag in werking gestel is, help om die ligte aan te hou, is die kragnetwerk steeds onder groot druk.
Beurtkrag is om 05:00 Vrydag opgeskort nadat dit om 22:00 gisteraand ingestel is.
“Ons gaan watervlakke by pompopgaarskemas en diesel by oopsiklus-gasturbines oor die naweek moet aanvul om ons in ʼn beter posisie te plaas om bestendigheid in die komende week te verseker,” het die nutsmaatskappy Vrydag in ʼn verklaring gesê.
“Ons probeer steeds om nie deur die loop van vandag beurtkrag in werking te stel nie, maar gegewe die onbeplande onderhoud wat steeds bo 10 500 MW is, asook die nodigheid om noodreserwes aan te vul, bly die moontlikheid van beurtkrag later vandag hoog.
“Dit sal slegs ingestel word as daar geen ander uitweg is nie.”
Eskom sê sy tegniese spanne werk onophoudelik om eenhede wat weens beplande en onbeplande onderhoud buite werking is, so gou moontlik weer aanlyn te kry.
Hy het by verbruikers gepleit om krag te spaar.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Laat julle vriende in Soweto betaal dan sal dit nie nodig wees vir krag onderbrekings nie, die blankes kan nie meer vir almal se krag betaal nie!!
As alle Suid afrikaners saam werk , saam spaar , saam betaal, is dinge mos gougou reggestel of hoe? Maar verskoon my , ek droom nou lekker.
Die word ‘nutsmaatskappy’ is nuut vir my. Ek wonder of dit iets te doen het met die word ‘niksnut’ of dalk met die engelse woord ‘nuts’?
Maar buurlande kry nie loadshedding nie…
En hier sit ons weer soos grotbewoners in die donker derdewêreld Afrika!!!