Beurtkrag dalk wél Vrydag ingestel

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom waarsku hoewel die beurtkrag wat oornag in werking gestel is, help om die ligte aan te hou, is die kragnetwerk steeds onder groot druk.

Beurtkrag is om 05:00 Vrydag opgeskort nadat dit om 22:00 gisteraand ingestel is.

“Ons gaan watervlakke by pompopgaarskemas en diesel by oopsiklus-gasturbines oor die naweek moet aanvul om ons in ʼn beter posisie te plaas om bestendigheid in die komende week te verseker,” het die nutsmaatskappy Vrydag in ʼn verklaring gesê.

“Ons probeer steeds om nie deur die loop van vandag beurtkrag in werking te stel nie, maar gegewe die onbeplande onderhoud wat steeds bo 10 500 MW is, asook die nodigheid om noodreserwes aan te vul, bly die moontlikheid van beurtkrag later vandag hoog.

“Dit sal slegs ingestel word as daar geen ander uitweg is nie.”

Eskom sê sy tegniese spanne werk onophoudelik om eenhede wat weens beplande en onbeplande onderhoud buite werking is, so gou moontlik weer aanlyn te kry.

Hy het by verbruikers gepleit om krag te spaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Arie ·

Laat julle vriende in Soweto betaal dan sal dit nie nodig wees vir krag onderbrekings nie, die blankes kan nie meer vir almal se krag betaal nie!!

Niklaas ·

As alle Suid afrikaners saam werk , saam spaar , saam betaal, is dinge mos gougou reggestel of hoe? Maar verskoon my , ek droom nou lekker.

Pampoen ·

Die word ‘nutsmaatskappy’ is nuut vir my. Ek wonder of dit iets te doen het met die word ‘niksnut’ of dalk met die engelse woord ‘nuts’?

AB ·

En hier sit ons weer soos grotbewoners in die donker derdewêreld Afrika!!!

boet ·

Hoe kan diesel en steenkool voorrade uitgeput raak. Dit is die basiese take van bestuur om dit te monitor en betyds aan te vul soos nodig. Ek verstaan nie mooi nie. Wanneer my voertuig se brandstoftenk begin leeg raak moet ek brandstof ingooi en nie ry tot dit gaan staan nie.

HPV ·

Die geld is weereens gedaan, waarskynlik soos voorheen bestee aan prestasie bonusse asook astronomiese salarisse, wag nou vir die volgende skenking van die belastingbetalers.

Kraaibakke ·

Ai het die springbokke nie raad vir die beleerde eskom nie ,SABC het darem al iets gewys.

Luke ·

Beurtkrag en die donkerte is n roepstem na veranderde denke! Gisterand my Jikokoa stofie aangesteek by n gasliggie en wala! Gekook en gesinstyd! Groen gelewe en elektrisiteit bespaar! Nie die duiwel (Eskom) we lone Verder help stook nie!

piper ·

waar gaan al die beleggers volgens ramapara wat gaan kom inprop vir krag en water. glo niks wat hy se nie. volkswagen en ford gaan van die netwerk afgaan en hulle eie krag opwek. as eskom dalk eendag meer krag opwek gaan net die onwettige verbruikers wat nie betaal nie as kliente oorbly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.