Beurtkrag dán opgeskort

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Fase 2 beurtkrag sal Dinsdag omstreeks 05:00 opgeskort word. Eskom waarsku egter dat ’n tekort aan opwekkingsvermoë vir die res van die week sal voortduur wat beteken dat beurtkrag weer op kort kennisgewing in werking gestel kan word, sou Eskom se opwekkingsvermoë verder verswak.

Die kragvoorsiener het Maandagaand in ’n verklaring gesê hy was genoop om beurtkrag skielik omstreeks 18:12 in te stel nadat eenheid 5 van die Medupi-kragstasie uitgeskop en ’n verlies van 700 MW tot gevolg gehad het.

“Dít tesame met vier opwekkingseenhede wat vroeër vandag onklaar geraak het, het die implementering van beurtkrag genoodsaak. Eskom werk hard daaraan om soveel as moontlik van hierdie opwekkingseenhede weer in diens te stel,” lui die verklaring.

Noodopwekkingsreserwes word in dié stadium gebruik om die fase van beurtkrag te beperk. “Hierdie oornag-beurtkrag sal gebruik word om die damvlakke by die pompopgaarkragstasies aan te vul ter voorbereiding vir môre.”

Die vier stukkende opwekkingseenhede sluit in een opwekkingseenheid by die Kriel-kragstasie en twee opwekkingseenhede by die Camden-kragstasie. Daar is ook tans ’n vertraging in die terugkeer na diens van ’n eenheid by die Tutuka-kragstasie.

Twee opwekkingseenhede wat vroeër ook by die Matla -kragstasie die gees gegee het, is intussen weer in diens gestel. Dit sal egter ’n ruk neem vir die eenhede om teen volle kapasiteit te funksioneer.

Onbeplande onderbrekings haal in dié stadium 14 759 MW uit die netwerk, terwyl 4 804 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.

Eskom het in sy verklaring om verskoning gevra vir sy implementering van beurtkrag en verbruikers daaraan herinner dat beurtkrag slegs as ʼn laaste uitweg geïmplementeer word om die nasionale kragnetwerk te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nico ·

Dit is alweer die met die prepaid meters wat swaar kry, waar is die miljoene rand wat verdwyn het en Eskom weet waar is daardie geld.

Alida ·

Ek wil net graag weet hoe die mense met die prepaid meters swaarder kry as diegene wat kragrekenings betaal? As die krag af is, is almal se krag mos af. Die munisipaliteit wil nou vir almal in Pretoria sulke meters installeer, so mens moet weeet waarvoor jy jou inlaat.

Johann ·

So dis waar….ESKOM se top bestuur is almal EX flikkerlig fabriek spesialiste? Aan…af….aan….af….nog af….nig af…aanerig…afferig…replace die globes…..af…aan….af. T TIME

Marius ·

Al die mooi storietjies…. Die nasionale krag netwerk word eerder beskerm as instand gehou. Dis ‘n somber prentjie.

annie ·

Ons land ly aan chroniese Eskom-Achilles-tendonitis. Niks word beter nie weens ‘n tekort aan entstof om die siekte hok te slaan… entstof wat nog ontwikkel moet word. Prof ?? sê hul grootste probleem is ‘n tekort aan cannabis as basis vir die middel weens ‘n tekort aan brandstof vir trekkers weens Eskom se behoefte aan brandstof vir sy kragopwekking weens ‘n tekort aan steenkool wat nat is weens die baie reën weens klimaatsverandering weens steenkoolkragstasie-besoedeling genoodsaak weens ‘n tekort aan skoon veilige atoomkragstasies weens ‘n tekort aan fondse weens die huidige Eskom-Achilles-tendonitis.

Daniel ·

Hou maar gerus nog ‘n beleggingskonferensie, niemand sal so dom wees om onder sulke omstandighede hier te belê nie

marius ·

Medupi is mos die oudste verotte erflating na 94 nie so nie paddapot ?

Asgat ·

ESKOM – moet elke huishouding waar daar terminale of siek mense wat van suurstof sillinders afhanklik is verniet voorsien van ten minste twee sillinders. Met die kort kennisgewings gee dit die arme families wat nie kan bekostig om suurstof sillinders aan te skaf nie kans gee om voor te berei. Een so sillinder kos meer as R 5 000.00 as dit vol is. Jy kort ten minste twee met die krag wat net af gaan hulle dink glad nie aan die mense wat al klaar nie kan bekostig om net die nodige te kan koop nie danksy alles wat net bly duurder raak. Ek onthou toe ons nog maandeliks met R500-00 met amper twee trollies vol inkopies kon koop. Nou betaal jy R500-00 vir n’ sakkie of twee en dat is dit nie eens genoeg vir n’ week nie. ESKOM MENSE SE LEWENS IS IN JULLE ONBEVOEGDE HANDE.

Christa ·

Ag ESKOM hou tog op verkoning vra. “Everything The incompetent ANC touches. Turn to ashes”. So hou maar julle verskonings en begin werk aan oplossings! Dit is wat gebeur wanneer daar mense aangestel word in posisies sonder enige kennis.

Papsak ·

Ja Eskom flikker rooiligte Vir hulle want waar Gaan Al die gelde Geen hulle Kan nie antwoorde gee nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.