
Eskom waarsku dat die kragnetwerk nog jare lank onbetroubaar gaan wees. (Foto: Mujahid Safodien/AFP)
Beurtkrag word om 12:00 Vrydag opgeskort nadat Eskom van sy opwekkingseenhede weer in diens gestel en sy beskikbare kapasiteit verhoog het om in die vraag te voldoen.
Eskom pas sedert 10 Maart weer gereeld beurtkrag toe weens sy kragnetwerk wat onder erge druk verkeer. Beurtkrag is gister vir vier uur opgeskort om mense die geleentheid te gee om koning Goodwill Zwelithini se begrafnis aanlyn te volg.
Volgens die kragvoorsiener het sy spanne sedert gisteroggend een opwekkingseenheid elk by onderskeidelik die Duvha-, Medupi-, Kendal-, Kriel- en Kusile-kragstasie weer in diens gestel. Daar sal na verwagting ook later vandag ʼn eenheid elk by die Camden- en Majuba-kragstasie in werking gestel word.
“Hoewel ons ook ander eenhede by die Tutuka-, Camden- en Hendrina-kragstasie verloor het, het ons daarin geslaag om noodopwekkingsreserwes voldoende aan te vul. Eskom sal ook oor die langnaweek, vanweë die laer vraag, van die geleentheid gebruik maak om korttermynonderhoud uit te voer en die noodreserwes verder aan te vul ter voorbereiding van die komende week.”
Daar is tans beplande instandhouding van 7 183 MW en kapasiteit van 10 464 MW is nog onbeskikbaar.
Volgens Eskom het die verbeterde opwekkingsbeskikbaarheid, tesame met die verwagte laer vraag oor die langnaweek, hom in staat gestel om beurtkrag eers op te hef. “Eskom vra om verskoning vir die ongerief wat tydens die beurtkrag gely is.”
Eskom gaan voort om instandhouding te doen en as sodanig sal die kragnetwerk steeds beperk wees, met die moontlikheid van beurtkrag wat hoog bly.
Die kragvoorsiener het mense versoek om voort te gaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik, aangesien die stelsel kwesbaar en onvoorspelbaar bly.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Seeing is believing..
VOETSEK
Ek glo geen woord nie! Julle lieg deur julle tande en glo julleself pffft! Ons betaal hoor patete
Dis net omdat die Turkse skepe met die krag oppad is.
Eskom hoef vir niks onverskoning te vra nie, Suid Arikaners is heeltemal bewus daarvan dat berutkrag enige dag van die jr ‘n gegewe kan wees. Ons verwag niks meer van Eskom nie, maar hulle kan gerus hul tariewe laer maak om mense en besighede wat ‘n verlies aan inkomste het agv hul swakdiens te vergoed.
Beurtkrag is onverskoonbaar, hou dus op om ons met julle kamtige verskonings te probeer paai of om julself geluk te wens as ons die slag wel ononderbroke kragvoorsiening het.!!!