Beurtkrag deur die nag, môre weer toegepas

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Beurtkrag sal deur die nag Maandag en weer Dinsdag toegepas word.

Eskom het in ʼn verklaring gesê hy sal vandag voortgaan om fase 4-beurtkrag tot 23:00 toe te pas. Van 23:00 af sal fase 2-beurtkrag tot 09:00 Dinsdagoggend toegepas word waarna dit weer na fase 4-beurtkrag sal oorskakel tot 23:00 Dinsdagaand.

Volgens die kragvoorsiener word beurtkrag genoodsaak weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit. Fase 4-beurtkrag is volgens Eskom egter geen rede tot paniek nie aangesien die kragnetwerk “doeltreffend beheer” word. “Tydens fase 4-beurtkrag word daar steeds in 80% van die land se vraag na elektrisiteit voorsien.”

Eskom het egter geen ander opsie as om beurtkrag vir die volgende vier dae toe te pas nie weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit. Dit is weens ʼn kombinasie van faktore, waaronder ʼn dieseltekort by kragstasies, die verlies van agt opwekkingseenhede by steenkoolkragstasies en twee kraglyne van die Cahora Bassa- hidroëlektriese skema in Mosambiek wat weens sikloon Idai afgesny is.

Volgens die kragvoorsiener werk sy instandhoudingspanne onverpoos om opwekkingseenhede weer tot die kragnetwerk te voeg.

Waar kry ek my beurtkragskedule?

Indien Eskom jou elektrisiteit verskaf, kan jy jou beurtkragskedule kry deur www.loadshedding.eskom.co.za te besoek of 0860 037 566 te skakel.

Indien ʼn munisipaliteit jou elektrisiteit voorsien, kan jy die volgende webwerwe besoek of inbelsentrums skakel.

City Power (Johannesburg): www.citypower.co.za of 086 056 2874
Ekurhuleni (Oos-Rand, Gauteng): www.ekurhuleni.gov.za of 086 054 3000
Tshwane Metro (Pretoria): www.tshwane.gov.za of 012 358 9999
eThekwini (Durban en omliggend): www.durban.gov.za of 080 131 3111
Stad Kaapstad: www.capetown.gov.za of 086 010 3089
Nelson Mandelabaai: www.nelsonmandelabay.gov.za of 041 506 5555
Polokwane (Limpopo): www.polokwane.gov.za of 015 290 2490
eMalahleni (Witbank en omliggend): www.emalahleni.gov.za of 013 690 6911
Umhlathuze: www.umhlathuze.gov.za of 080 022 2827

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Elizabeth ·

VOTESHEDDING: Kom ons haal die las van die arme sukkelaars se skouers af!!!

jaco ·

Waarom duur diesel invoer as ons ons eie goedkoper steenkool het om elektrisiteit mee op te wek?

Jean ·

Want al die Steenkool met Transnet gaan na die Richards Bay Coal Terminal ( RBCT) vir uitvoer. Dis tipies Afrika waar kolonialisme ‘n openbare aangeleentheid het ‘n private saak geword na onafhanklikheid via Memorandums Of Understanding met multinasionale maatskappye.

Koos Marais ·

Ek kon nog nooit vasstel waarom hulle ‘loadshedding’ gebruik nie. Kan iemand help?

Elizabeth ·

Ek dink nie hulle spaar regtig so baie krag nie … ek gaan steeds kos maak, ongeag die tyd van die dag; steeds die stofsuier gebruik, steeds my geyser ‘n uur aansit … soos altyd. Die bietjie ligte en rekenaarkrag wat ons in loadshedding sou gebruik het, spaar min!!

Erika van Tonder ·

Neeeee regtig is daar nie ander verskonings om te gebruik nie!!!!!Nou is dit as gevolg van Mozambiek se oorstromings en diesel te kort ……en ….en….en….. ok en toe daar nie oorstromings was nie?????dis n klomp onbeviegde mense wat daar werk en nou moet almal swaar kry as gevolg van hulle onbevoegdheid om die werk te doen!!!!!!!

John ·

Die mr Etzinger wat nou al jare by Eskom werk sè glo dat hy nie weet waarom daar nou probleme met die diesel-aflewering is nie. Is hy nie die waarnemende bestuurder van kragopwekking nie? Wie moet uitvind? Die spulletjie is baie arrogant… fase 4 is glo nie eintlik iets om oor opgewonde te raak nie. Betaal net nie hulle bonusse nie dan sien jy ‘n spul opgewonde menere. Dit wil voorkom op daar iewers iets aspris in die storie is… ons sal wel later hoor. Gordhan is te sag op die spul. ‘n Aptekerspilletjie gaan nie help nie.

Frikkie Geld en huis ·

Die Etzinger-storie is nogal uniek. Die man was vir 17 jaar Eskom se woorvoerder, soos in lieg om Eskom te laat goed vertoon. Nou lees ek dat hy deesdae hoof van opwekking is !! Geen wonder dit gaan bietjie sleg daar nie. Wat die diesel aanbetref: PetroSA soek hul geld vooruit vir enige aflewerings en Eskom het doodeenvoudig nie geld nie.

Hannah ·

Wel.
Dis duidelik dat hulle samoesa prestasie bonusse gaan kry…
Fase 4 en meer dalk tot by 10/10
Doen so voort….?????

Hannelie ·

Blah…blah…blah. Eskom is vol verskonings….pateties

PPP ·

Naand Johan wil net gou vir julle oningeligte mense sêu daar word al vir die afgelope 2 jaar geen bonusse betaal nie kom terug aarde toe jy weet nie eers wat om jou aangaan nie.

fred ·

vir sover ek heriner het die ganse Eskom klomp n paar maande terug nog n R10,000 bonus gekry….en het die PetroSa n paar jaar terug nie hulle ganse strategiese voorraad nie verkwansel nie? van hierdie korrupsie het ook niks gekom nie…destydse minister Jomat Pieterse het ook maar stilletjies verdwyn met haar kick backs……

Anel ·

Beurtkrag die gevolg van geen pla B,C of D nie. Geen kragopberging nie, onvermöe om vir die toekoms te beplan. Die tor het gevrot en alles deurmekaar gemaak.

Gert van Wierdapark ·

Die “Bonusse” weens Eishkom se jarelange Rampspoedige in die grond Bestuur aksie(s), werp die lig (shed light) waar hulle nie lig wil he nie, naamlik die korrupsie/wanbestuur/regstelende aksie met “load shedding” die natuurlike uitvloeisel daarvan! Die Kragdwergie kry dit nie eers reg dat Sneeuwitjie haar naam hoef te verander nie! Die Krag-afgooi storie is n nagmerrie vir SA, en die “sprokiesverhaal” van die eens magtige Krag-Reus se val tot ‘n donker Dwergie, laat geen Silwerrandjie op die horison nie!

Delani ·

Een van die dae kan hulle ook nie meer water pomp nie. Dié is net die begin!!!

Ellisras ·

Kan iemand my reghelp. Daar is mense wat beweer in die voormalige Tuislande is daar bitter min “loadshedding”
Ek vra, ek beweer nie dit is so nie. Maar daar waar die stemme is, daar bly ligte aan.

Bietjie baie ·

n Reeds bankrot ESKOM verloor nog meer miljoene aan inkomste terwyl ons bespaar met die krag wat af is. Ons gebruik mos minder krag. Kan dit alles enige sin mask??

De Villiers ·

Volgens Eskom is Fase 4-beurtkrag nie iets om oor paniekerig te raak nie. Wel, 2x/dag teen twee-en-‘n-halfuur gee 5 ure/dag. Dan praat ons nie eens van die skade op elektriese toestelle nie. Van fase-1 af is dit reeds rede tot kommer.

Jaco ·

Hier in limpopo het ons nie water nie en my vrieskaste ontvries nou met kort kort se beurtkrag

w ·

Die ANC wil vir almal grond gee …..maar hulle kan nie eers vir almal krag gee nie. En hoekom moet ons dit net aanvaar

Eugene ·

Pres Mandela het mos gesê SA is ‘n ryk land “daar is meer as genoeg vir almal” seker vergeet van die basiese soos krag nie.

Hanna Hoekom ·

Dit blyk dat net sekere areas deur beurtkrag geraak word: hier in die Helderberg area brand Nomzamu se ligte dag en nag! Ons kan dit saans (gedurende beurtkrag) van ons woonstelblok se heel boonste vloer af sien. Wonder of dit net die Helderberg area is?

Elna ·

Ek stem saam Johan
Ek het my geld wat ek eskom mee sou betaal het gevat en vir my n nuwe yskas gaan koop en n generator. Op die suid kus sit ons nou vir 7 dae sonder water ook nog

Piet ·

Ek wonder verstaan die minister
3ure n dag is n 15 ure n week dis 2 dae in een week wat verlore gaan
Ons moet nie paniekerig raak nie

Elana ·

ESKOM ESKOM ESKOM
is daar ooit iemand in hierdie land wat iets kan reg doen hoekom moet ons almal lei onder hulle swak besluite en bestuur en niemand kan iets doen of wil iets doen om dit te verander nie ons moet dit net aanvaar

Elna ·

Kom die eskom rekening die einde van die maand dan is die bedrag steeds dieselfde met die baie beurtkrag en al. Kom ons verbruikers boikot Eskom en die munisipaliteite vir 1 maand dan kan ons sien wat dan gebeur aangesien hulle onregverdig wil wees en die verbruikers wat betaal benadeel en die wat nie betaal nie bevoordeel. Dan sal ons sien of hulle genoeg krag bespaar het en geld het om opknappings werk te doen. Die assuransie maatskappye huil al van al die eisse wat ingesit word weens beurt krag want eskom maak nie voorsiening om ons verbruikers wat wel betaal te voorsien aan ” plugprotectors” nie. My opinie en ek se maar net.

Mercia ·

Hoekom is sekere dele nooit sonder krag nie. Hulle ken nievan loadshedding nie. Is nie reg nie. Weet van baie plekke.

Melanie ·

Vandat Beurtkrag begin het laasweek was Brits in Noordwes (Madibeng) nog nooit afgeskakel nie, net die mense buite die dorp op plotte en plase wat direk by Eskom krag kry neem deel aan loadshedding. Madibeng skuld Eskom klaar miljoene vir agterstallige krag, hoekom bly hulle krag aan???? Straatligte ook wat brand nog to 10 uur 11 uur die oggend? Miskien moet die media begin ondersoek instel na munisipaliteite wat hulle nie aan beurtkrag steur nie

Lindtjies ·

Ons krag was van gisteroggend 11:00 af tot na 18:00 gisteraand. Was nog besig om aandete voor te berei toe dit 19:00 weer afgaan tot 21:30. Vanoggend 03:00 het dit weer afgegaan tot 05:00 toe. Is dit nie nou om van frustrasie te skreeu nie!!

Rika ·

Onbevoeg om enige staats entiteit te beheer. As daar plek in die vrieskas is, vries plastiek bottel/bottels met water. Dit hou darem die vrieskas/yskas koel as die krag afgaan.

Alida ·

Jy kan niemand boikot nie nie Eskom of jou munisipaliteit nie. As jy nie betaal nie sny hulle in elk geval jou krag af. Ons sit met ‘n vinger in die ….. oor.

Gilla ·

Ek wil graag weet hoekom Waterkloof se krag nooit af is nie? Daar is nie ‘n hospitaal of iets nie, en die ander Waterkloof areas soos uitbr 1 en 2 gaan af, maar nie die uitbreiding van Waterkloof self wat bv Milnerstraat, Long, Albert, Premier en Julius Jeppe insluit nie.

Boet Fasie ·

Sonder krag kan daar nie water of riool gepomp of gesuiwer word nie, Lekker Suid Afrika, land van melk en heuning.

Cornelis ·

Bietjie baie ek sê ook hulle verloor mos baie geld met hierdie beurt krag. Waar gaan hulle dit verhaal. Seker weer met ‘n ekstra tariefverhoging.

Boet Fasie ·

Nog ‘n reddingsboei uit die staatskas waarvoor die besighede, belastingbetalers, verbruikers en motoriste moet opdok.

George in Bloem ·

Is dit nie wonderlik en groot vermaak om te sien hoe die spul onbevoegde narre se groot “regruk aksie plan” werk…..nie werk nie…..werk……nie werk nie……ensovoorts. Dit sou baie snaaks gewees het as dit nie so tragies en rampspoedig was vir die land en al sy mense en die ekonomie nie. Maar ja,die gepeupel sal wel opruk in hul miljoene om weer vir die ANC sirkus hul kruisie te trek,en daarin le die grootste tragedie van hierdie eens pragtige vooruitstrewende land….

Vlakvark ·

Mense… dit is nog nie eers winter nie. Hierdie gaan nie net n koue winter wees nie maar n donker een ook

Boet Fasie ·

Vlakvark daar is nie eers ‘n lig in die tonnel nie, duisternis en donkerte is ons voorland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.