Beurtkrag dié naweek afgeweer

(Argieffoto: ANA)

Suid-Afrikaners kan uitsien na ʼn Sondag sonder beurtkrag nadat Eskom dit kon regkry om meer krag op te wek as wat hy aanvanklik gedink het moontlik sou wees.

“Deur harde werk en toegewydheid kon Eskom dit regkry om sommige van die opwekkingskapasiteit wat verlore gegaan het te herstel. So kon ons vermy om beurtkrag dié naweek in te stel,” het die entiteit Saterdagaand in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het Saterdag berig die waarskynlikheid van beurtkrag vir die res van die naweek het toegeneem nadat Eskom onverwags heelwat opwekkingskapasiteit verloor het.

Vier opwekkingseenhede sou Saterdagaand weer in werking tree. Dit is van die sewe eenhede wat Vrydagaand by Duvha, Tutuka, Kriel en Grootvlei opgepak het. “Dit sal help om die beskikbare opwekkingsreserwekapasiteit aan te vul en die druk van die res van die stelsel af te neem,” sê Eskom.

Die kragreus is reeds besig om sy noodreserwes vir die komende week aan te vul. “Ons herinner Suid-Afrikaners egter weer eens dat die stelsel onder druk verkeer en onvoorspelbaar is. Beurtkrag kan dus steeds op kort kennisgewing ingestel word, sou daar enige veranderings in die opwekkingstelsel voorkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Johan Venter

Ek maak my oë toe en droom die opskrif hier bo lees:”ANC dié naweek afgeweer”, dan volg daar kortliks in die berig onderaan:”Kanse is goed dat dit ook vir volgende week sal wees en as als goed verloop vir die res van die maand. Daar sal komende week oor die vooruitsigte vir die res van die jaar berig word.”