Beurtkrag dié week moontlik weens instandhoudingskedule

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Ná 25 dae sonder enige beurtkrag sal Eskom die komende week waarskynlik weer beurtkrag moet toepas aangesien die kragvoorsiener groot instandhoudingwerk moet aanpak.

Brian Molefe, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, het Vrydag in die parlement gesê daar is ʼn opnuut ʼn kans vir beurtkrag van 4 tot 12 September. Molefe het gesê die afgelope drie weke sonder beurtkrag beteken nie dat Eskom teruggegaan het na sy vorige beleid om die ligte ten alle koste aan te hou nie, maar eerder dat die kragvoorsiener die instandhoudingskedule só kon balanseer dat daar genoeg opwekkingskapasiteit beskikbaar was.

“Ons oorskry ons eie begroting van 4500 megawatt (MW),” het hy gesê. “As ons beurtkrag tussen 4 en 12 September moet toepas, dan is dit hoe dit is. Miskien hoef ons nie sover te gaan nie want ons het nog ʼn klein reserwe.”

Hy het gesê indien die onbeplande kapasiteit-verliesfaktor die komende week hoër is as wat voorsien is, sal fase 1-beurtkrag toegepas moet word, “omdat Eskom aan instandhouding voorkeur gee”.

Hy het gesê Suid-Afrika hoef nie tussen stabiele kragvoorsiening en die opvang van Eskom se instandhoudingsagterstand te kies nie, maar dat daar ’n tydperk in Desember en weer in Mei tot Augustus volgende jaar sal wees wanneer beurtkrag waarskynlik toegepas sal word.

“Ons kom te staan voor al hierdie instandhouding wat gedoen moet word, maar as ons instandhouding doen, moet ons ingrypend beurtkrag toepas.

Molefe het gesê Eskom het met die oplossing vorendag gekom waarvolgens ʼn ekstra 1200 MW tot die kragnetwerk bygevoeg sal word, wat ekstra kapasiteit sal beteken om kragonderbrekings te voorkom.

Op ʼn vraag omtrent verdere verhogings in elektrisiteitstariewe het hy gesê die nasionale energiereguleerder (Nersa) moet gevra word of ʼn tienjaar bepalingsiklus ingestel kan word in plaas van die huidige driejaar siklus om die kragvoorsiener sowel as gebruikers ’n gevoel van sekuriteit te gee. Hy het bygevoeg dit is van meer betekenis as om oor “hoeveelheid” in terme van verhogings te bespiegel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Dit sal goed wees om weer op beurtkrag te wees want ons moenie bederf word. Té veel van ‘n goeie ding was nog nooit goed nie . . .

Liewe lulu ·

Ek hou niks van beurtkrag. Hier op die plaas is dit ook nie moontlik om in die aand uit te gaan om die krag opwekker aan te sit nie

Rynhardt ·

Ek vind dit altyd verstommend datbons mense nie dinge kan/wil insien nie! Eskom het saam met Anc die land se ekonomie opsetlik vernietig! Vanaf 2008-‘2015 was ons nou vir die eerste keer vir 25dae sonder beurtkrag! Dit wys Eskom het alkes gemanipuleer! Nou kom beurtkrag weer terug! Alles word in fases gedoen en hul speel die publiek meesterlik!

Gerhard Bezuidenhout ·

Zuma vertel hoe ons land vooruit gaan. Snaaks dat ons voor 1994 geen beurtkrag gehad het nie , en toe het ons ekonomie vooruitgegaan. Nou buig beurtkrag ons ekonomie en beleggers verloor vertroue.

Bruno Stef ·

Voor 1994 was Soweto se aanvraag alreeds 400 MVA en ek is seker dat dit oor al die jare al maklik verdubbel het daarom wil ek net vra of die beurtkrag ook van toepassing is op bogenoemde Stadsgebied want dit kan tot n groot besparing lei met n geskatte 900 MVA .Ek vra net die vraag of is ek nou nie Polities Korrek nie.

CHRISTA ·

Hoe kon die apartheid regime onderhoud toepas sonder enige kragonderbrekings EN met die wêreld se sanksies teen Suid-Afrika?? (Maw Hulle kon nie eers DIESEL koop vir sogenaamde kragopwekkers soos die huidige ANC nie)!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.