Beurtkrag dié week weens voorval in Zambië

(Argieffoto: ANA)

Beurtkrag sal dwarsdeur die week geïmplementeer word, ná ʼn reusekragonderbreking in Zambië. Eskom het Sondagmiddag aangekondig fase 2-beurtkrag sal van Maandag 05:00 tot eerskomende Saterdag 05:00 voortduur. Beurtkrag sou aanvanklik môreoggend opgeskort word, maar Eskom sê weens ʼn landwye kragonderbreking in Zambië, sowel as foutiewe kragopwekkers by verskeie Suid-Afrikaanse kragsentrales, kon hy nie daarin slaag om genoeg krag oor die naweek te genereer nie.

Eskom waarsku ook dat hoër fases van beurtkrag dalk ingestel sal word omdat die stelsel tans uiters wisselvallig is.

Volgens die kragvoorsiener het ʼn massiewe voorval in Zambië kragvoorsiening na groot dele van Suider‑Afrika belemmer. Die hele Zambië is Saterdag vir ʼn tweede keer in ʼn maand se tyd in totale duisternis gedompel. Gevolglik het hidroëlektrisiteit wat Suid-Afrika gewoonlik vanaf die Cahora Bassa-kragsentrale in Mosambiek ontvang, met 1 000 MW verminder. Verskeie kragopwekkingseenhede by Tutuka, Medupi, Matla en Majuba het ook die gees gegee of kon nie betyds herstel en tot die stelsel gevoeg word nie.

Onbeplande kragonderbrekings staan tans op meer as 16 000 MW, terwyl beplande onderbreking op 5 769 staan. Altesaam 12 kragopwekkers met ʼn opwekkingskapasiteit van meer as 5 000 MW, sal wel na verwagting deur die week tot die kragstelsel gevoeg word.

Suid-Afrikaners is weereens gemaan om krag spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

60 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jeff

Eskom is beyond repair. Just say so. Want as esk”k weer verskoning vra vir die ongerief poof ek my broek

ONTPS

Volgende week sê Eskom daar is beurtkrag omdat daar ‘n sneeustorm in Europa is…

Papsak

Weet julle wat hou op ons krag uit voer zambie toe twrwyl eskom weet SA sit reeds sonder krag ag julle is regtig pateties hoe lank wil julle hierdie game nou nog speel SA het genoeg van als van sy eie maar dit word uit gevoer ander lande toe en ons hier moet ten duurste vier petrol en krag bstaal skrik wakker julle verarm SA toe dink gatvol

anniekiewiet

Dis soooo moeilik om nie te dink aan hoe goed alles was en sou en kon wees, as almal net omgegee het vir ons mooi land en sy mense ipv …..

FC

Zambia?.
Waar kom ons krag vabdaan, Eskom of Zambia?