Beurtkrag Dinsdag ʼn moontlikheid

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat die kragnetwerk moontlik Dinsdagaand tydens piektyd onder druk sal wees.

“Die kragnetwerk is tans stabiel en dit sal Eskom in staat stel om instandhouding te doen sonder beurtkrag. Die kragnetwerk sal egter moontlik tydens die aandspitstyd (17:00-21:00) onder druk wees weens ʼn toename in die vraag na elektrisiteit.”

Eskom het ʼn beroep gedoen op verbruikers om energie-doeltreffende maniere te vind om warm te bly. “In die winter is daar ʼn verhoogde vraag na elektrisiteit tydens spitstye soggens en saans aangesien meer elektrisiteit in hierdie tye gebruik word. Ons doen ’n beroep op al ons kliënte om voort te gaan om hul elektrisiteitsverbruik deur die dag te verminder en om meer te probeer spaar gedurende die piektye van 06:00 tot 10:00 en 17:00 tot 21:00.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.