Beurtkrag Dinsdag toegepas

beurtkrag

Argieffoto

Eskom het aangekondig beurtkrag word Dinsdagmiddag van 17:00 af toegepas.

Fase 1-beurtkrag sal na verwagting tot 22:00 die aand toegepas word weens die verhoogde vraag na elektrisiteit en die tekort aan opwekkingskapasiteit wat deur tegniese foute by sommige kragstasies veroorsaak is, het die sukkelende kragvoorsiener gesê.

Eskom het gebruikers voorheen verseker beurtkrag sal toegepas word as ʼn noodsaaklike maatreël om die kragstelsel te beskerm en te verseker onderhoud word gedoen word om die stelsel op die langtermyn te ondersteun. Volgens Eskom kan enige onverwagte veranderinge aan die “kwesbare en beperkte kragstelsel” lei tot beurtkrag op kort kennisgewing.

Die kragvoorsiener het kragverbruikers aangemoedig om energie-doeltreffende maniere te gebruik om gedurende die winter warm te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.