Beurtkrag Dinsdag weer ingestel

(Argieffoto)

Te midde van die bibberweer wat tans oor groot dele van die land heers, het Eskom aangekondig dat hy Dinsdag weer beurtkrag gaan instel.

Fase 2 sal van 17:00 tot 22:00 geld.

Eskom sê die beurtkrag word genoodsaak weens vertragings om opwekkingseenhede by Kusile en Majuba weer aanlyn te bring.

“Die beperkings word vererger deur die hoë winteraanvraag wat deur die kouer temperature veroorsaak word.”

Kapasiteit van 15 498 MW is tans weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar nie, terwyl 1 273 MW weens beplande instandhoudingswerk uit die netwerk gehaal is.

Eskom waarsku dat die waarskynlikheid van beurtkrag die res van die week hoog bly omdat die kragnetwerk steeds onder druk en kwesbaar is.

Die kragvoorsiener het ʼn beroep op verbruikers gedoen om hul kragverbruik te verminder, veral tussen 17:00 en 22:00 wanneer die vraag na krag in die winter die hoogste is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hendrik Marthinus ·

Yes man
Gee De Reyter darem tyd om die ou krag stasies op die been te kry
So gehoop dus fase 4 beurtkrag
Die man doen Al’s in sy vermoe om ons lewe makliker te maak

Hendrik Marthinus ·

Yes Man
Dit gee De Reyter darem tyd om die ou krag stasies op die been te kry.
So gehoop dus fase 4 of Meer beurtkrag.
Die man doen doen alles moontlik in Sy vermoe om ons lewe makliker te maak.

Danie ·

Nou vra ek jou hoe moet mense wat werk hul krag verminder tussen 17hoo en 22hoo jy kom 18hoo by die huis, dan moet jy kos maak, kinders bad en self bad hoe doen jy dit. Moet jy nou maar gaan slaap 22hoo opstaan kos maak bad en 24hoo weer gaan slaap. Eskom moet eerder hul instandhouding reg kry deur mense met die nodige kennis aan te stel

Keelvol ·

Okay Evkom, jy het nou die krag in Ekurhuleni afgesit. Nou hoe moet ek kos maak en eet? Het julle al daaraan geding? En dan moet ek nog in die donkerte in die koue sit!!!!!

Nico ·

Eskom hierdie storie van julle word nou eentonig, Eskom het die geld gemors deur koprupsie julle het nie altyd die toerusting onderhou nie, wie ly nou daaronder die verbruiker wat gereëld betaal. Word asseblief wakker en kyk wat het Eskom gedoen.

Kathleen ·

ja nee kyk , ek nou net mooi keelvol vir hierdie krag-onderbrekings , stap gistermiddag 5 uur by die huis in , tyd vir ‘n lekker warm koppie koffie , lang dag gehad by die kantoor , nog voor ek kan hand uitsteek om die ketel aan te sit , woeps af is die krag , agge nee man Eskom , maak plan a u b , dit is winter , ons vrouens het maar allerhande ou goedjies om te doen voor slapenstyd , ek het nou nie kinders om te bad nie maar ek wil darem ‘n ou stukkie warm kossie eet voor ek gaan slap . AUB doen iets wat sin maak

Karina ·

Ek wil graag weet, die Eskom werkers, van die top bestuur tot die outjie wat vloere fee, betaal hulle dieselfde prys vir elektrisiteit as die algemene lands burger?
Waarom elke keer as daar gepraat word van verhogings, kry ons beurtkrag. Dit gebeur al jaaaaaare lank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.