Beurtkrag Dinsdagaand weer in werking

(Argieffoto: Unsplash)

Fase 2-beurtkrag tree Dinsdag om 22:00 weer in werking en sal tot Woensdag om 05:00 duur.

Eskom sê beurtkrag is nou nodig om sy noodopwekkingsreserwes aan te vul en sy beskikbare kapasiteit gedurende die dag te verhoog.

Die kragvoorsiener sê die netwerk is steeds onder druk omdat groot meganiese probleme die afgelope twee dae ondervind is. Daar was ook ʼn vertraging in die inwerkingstelling van verskeie opwekkingseenhede wat beplande instandhoudingswerk ondergaan het.

Altesaam 4 858 MW is weens beplande instandhoudingswerk en nog 14 375 MW weens onbeplande instandhoudingwerk nie in die netwerk beskikbaar nie.

Eskom sê hy verwag dat sommige van die opwekkingseenhede Woensdag weer in diens gestel sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Chris ·

Escom en die regime lieg nou al so erg dat hulle hulself begin glo.

Friedrich ·

a Lack of planning on their side does not constitute an emergency on ours!! ????????????????????

Vlooitjie ·

Ek kan nie help om te wonder wat gebeur met die yskaste/koelkamers wat die berugte entstowwe moet koud hou tydens loadshedding nie?

Jaco ·

Wat dan nou van die herstelwerk wat oor die afgelope naweek, skaars 2 dae gelede, gedoen is? Of word alles net so bolangs herstel?

Johan ·

Ek gaan beurt betaling toepas noodfondse bymekaar maak. Ek gaan nie kan betaal nie tot verdere kennisgewing Nikskom. Sal julle my asb skakel vir skedule.

Lian ·

Ek dink dis tyd dat die manne in direksiesale die gevolge moet dra en nie die arme laevlak bestuurders nie . ‘n 1% salarisvermindering per slag van loadshedding kan hulle nogal seermaak Mr de Ruyter hoe vorder operasie skoonmaak ?

Hendrik Marthinus ·

Mnr de Reyter het so erg geblaf, hy Sal Eskom regruk
Lyk my nou dat hy ook Sy enorme salaris trek is dit al wat hy oor bekommerd is
Nee wat jaag hom ook weg ons kry nou Meer beurt krag as voor hy in die groot stoel selling in geneem het
Lyk my hy belowe net maar doen niks

Rentia ·

Ek glo dit sal ‘n druppel wees (maar elke druppel help) as Eskom se hoof begin minder as R500 000 per maand verdien, asook die direksie. Dat hulle soos ons gewone man en vrou begin VOEL hoe om die sente om te draai. Ja vreeslik grootmoedig om ‘n sny in salaris te vat toe hy begin het by Eskom van sy R18milj, (R1.5milj per maand) dus kan ek nie glo dat hy meer as 50% sou sny nie? Met R500 000 kan jy reeds begin gate toestop., selfs met R400 000…

Nico ·

Propper Planning and Preparation Prevents poor Performance………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.