Beurtkrag Dinsdagmiddag toegepas

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat daar Dinsdagmiddag beurtkrag toegepas sal word.

“Fase 1-beurtkrag sal van 16:00 tot 22:00 vanaand toegepas word. Dit is as gevolg van ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit,” het die kragvoorsiener gesê. Dit kom nadat Eskom Dinsdagoggend gewaarsku het dat die kragnetwerk die hele week onder druk sal wees.

Gebruikers wat hul elektrisiteit direk van Eskom ontvang kan die beurtkragskedule hier sien. Gebruikers wat deur hul munisipaliteit elektrisiteit ontvang, moet die betrokke munisipaliteit se webwerf besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Ek hou van die argieffoto. Ek sien die volgende :
Die gloeilamp wat herbruik word; Die pit wat afkomstig is van ‘n verslete stertriem; Die vlam wat afhanklik is van die stertriem en lampolie; Die staander wat ongelukkig van geelkoper is en gaan ‘wegraak’, dan val die hele spul inmekaar; Dan tree die donkerte in wat in die agtergrond is. Nou is Suid-Afrika terug 363jaar plus een dag . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.