Beurtkrag Donderdag langer toegepas

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Eskom het aangekondig dat hy van 08:00 Donderdagoggend af fase 2–beurtkrag sal toepas.

“Die kragnetwerk is steeds onder druk. Fase 2-beurtkrag sal vandag [Donderdag] van 08:00 tot 23:00 toegepas word,” het die kragvoorsiener gesê. Volgens Eskom ondervind hy steeds probleme met sy kragopwekkingvermoë.

Eskom het Woensdag van 10:00 tot 14:00 fase 1-beurtkrag toegepas waarna fase 2-beurtkrag tot na 22:00 toegepas is.

Fase 1-beurtkrag maak voorsiening dat tot 1000 MW se kragverbruik gesny word, fase 2 tot 2000 MW en fase 3 maak voorsiening vir die sny van tot 4000 MW se kragverbruik.

Indien jy ʼn Eskom-kliënt is, klik hier vir die beurtkragskedules.

Munisipale-kliënte kan hul beurtkragskedules op die onderskeie munisipaliteite se webwerwe kry. Eskom publiseer ook van die munisipale skedules hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Knersus D ·

Ons moet regmaak vir landwye black-outs – dis ‘n feit soos ‘n koei. En terwyl ons besig is, sommer ook reserwe water opbou.

Willie ·

Eskom is nie seker oor beurkrag skedules nie – en dit maak my bekommerd

Suz ·

Dit is vandag ons derde dag van beurtkrag maar ander gebiede (bv. Rietfontein) het nog glad nie beurtkrag gehad (ons krag elke aand van ses tot half nege af).. kan dit nie ook geroteer
word dat beurte gemaak word in die aand bv. elke tweede aand en eerder elke tweede dag
gedurende die dag.. Ek is nie teen beurtkrag weet ons moet deel maar glo dit moet van toepassing wees vir ALMAL!

boer ·

Ons sal net eedag in die koerante lees: “Eish die krag, hy is nie meer nie”,
en dan verwal SA in chaos ,soos Zimbabwe

Het Siener nie voorspel ,dat dit gaan gebeur nie?

Ghost ·

Eskom bestuur bly onbevoeg om die probleem op te los maar kry maandeliks n lekker vet salaris. As ek nie my werk behoorlik doen nie en ander ly daaronder sit ek sonder werk. Maar ja dit gebeur as jy n regering het wat vir hulle boeties sorg en nie die werk kan doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.