“Dit spyt Eskom om aan te kondig dat fase 1-beurtkrag van 17:00 tot 22:00 vandag [Donderdag] toegepas sal word,” het die kragvoorsiener op sosiale media gesê.
Dit is die eerste keer wat beurtkrag hierdie week toegepas word nadat Eskom vroeër gewaarsku het dat die moontlikheid gedurende die aand hoog is. Die kragvoorsiener het ook op sy Twitter-profiel gesê hy is trots dat hy Woensdag instandhouding gedoen het sonder dat dit nodig was om beurtkrag toe te pas.
“Dankie aan al ons kliënte vir hul geduld en ondersteuning en dat hulle elektrisiteit spaarsamig gebruik gedurende die oggend- en aandspitstye.”
Gebruikers wat hul elektrisiteit direk van Eskom ontvang, kan die beurtkragskedule hier sien. Gebruikers wat elektrisiteit van hul munisipaliteit ontvang, moet die betrokke munisipaliteit se webwerf besoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Eskom vertel stories. Ons alreeds kragonderbreking gehad in Fourways vanaf 1h35 tot en met 15h15.
hul horlosies shed ook krag want volgens hul skedule moet ons vanaand van 11 uur af in die donker sit, maar dis al 5 uur af
Die verval moet inderdaad groot wees as hul op so n nietigheid trots is.
ESKOM moet leer tyd lees. Begin net wanneer hulle wil met “load shedding”
weet eintlik nie of ek moet geluk se nie…..