Beurtkrag Donderdag toegepas

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat beurtkrag Donderdagaand toegepas sal word.

“Dit spyt Eskom om aan te kondig dat fase 1-beurtkrag van 17:00 tot 22:00 vandag [Donderdag] toegepas sal word,” het die kragvoorsiener op sosiale media gesê.

Dit is die eerste keer wat beurtkrag hierdie week toegepas word nadat Eskom vroeër gewaarsku het dat die moontlikheid gedurende die aand hoog is. Die kragvoorsiener het ook op sy Twitter-profiel gesê hy is trots dat hy Woensdag instandhouding gedoen het sonder dat dit nodig was om beurtkrag toe te pas.

“Dankie aan al ons kliënte vir hul geduld en ondersteuning en dat hulle elektrisiteit spaarsamig gebruik gedurende die oggend- en aandspitstye.”

Gebruikers wat hul elektrisiteit direk van Eskom ontvang, kan die beurtkragskedule hier sien. Gebruikers wat elektrisiteit van hul munisipaliteit ontvang, moet die betrokke munisipaliteit se webwerf besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

anet ·

Eskom vertel stories. Ons alreeds kragonderbreking gehad in Fourways vanaf 1h35 tot en met 15h15.

Kobus ·

hul horlosies shed ook krag want volgens hul skedule moet ons vanaand van 11 uur af in die donker sit, maar dis al 5 uur af

HEVW ·

Die verval moet inderdaad groot wees as hul op so n nietigheid trots is.

Bertus ·

ESKOM moet leer tyd lees. Begin net wanneer hulle wil met “load shedding”

chris ·

Ja Swaer.
Om trots te wees wat vir dekades standaard was (in dieselde besigheid) is darem uiters pateties.
Dan sal daar seker mense wees wat vir hulle wil hande klap?
Dit is ook ‘n duidelike voorbeeld van hoe laag die standaard gedaal het.
Ek is seker ons gaan nog juig as ons die wiel weer uitvind.

scalla ·

Jy time hulle nie met n stophorlosie nie maar eerder met n almanak, vir hulle is dit die trots

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.