Beurtkrag Donderdag toegepas

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat hy Donderdag fase 2-beurtkrag sal toepas.

“Dit spyt ons om aan te kondig dat fase 2-beurtkrag vandag van 10:00 tot 22:00 toegepas sal word,” het die kragvoorsiener gesê. “Enige bykomende veranderinge op die kragnetwerk, wat reeds onder druk en kwesbaar is, kan daartoe lei dat ʼn ander fase binne kort kennisgewing toegepas word.”

Eskom het Saterdag fase 2-beurtkrag en Sondag fase 1-beurtkrag toegepas.

Klik hier om die beurtkragskedules te sien indien jy direk jou elektrisiteit van Eskom ontvang.

Klik hier om die beurtkragskedules te sien indien jy jou elektrisiteit van die munisipaliteit ontvang of besoek jou munisipaliteit se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Eskom moet krag by Ekurhuleni Metro kom kry. Ten minste 30% van hulle straatligte brand heel dag!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.