Beurtkrag Donderdag (tydelik) opgeskort

(Argieffoto: Unsplash)

Nadat Eskom Woensdag aangekondig het hy skakel weer terug na fase 2-beurtkrag, is daar Donderdag deur die loop van die dag ʼn paar uur verligting.

Die kragvoorsiener sê hy gaan beurtkrag tussen 10:00 en 14:00 opskort om mense toe te laat om te rou oor koning Goodwill Zwelithini. Die Zoeloekoning is Vrydag in die vroeë oggendure na ʼn lang siekbed oorlede.

“Om die land toe te laat om deel te neem aan die gedenkdiens van koning Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu, het Eskom besluit om die inwerkingstelling van beurtkrag tussen 10:00 en 14:00 op te skort.

“Die buitengewone stap word gedoen om die land toe te laat om getuies te wees van ʼn belangrike en beduidende geskiedkundige geleentheid in hierdie moeilike tyd vir die Zoeloenasie.”

Fase 2-beurtkrag word daarna hervat.

Eskom sê die kragnetwerk is steeds kwesbaar en onder druk en het weereens ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

KB ·

En intussen kan die land se ekonomie maar stilstaan, solank die Zoeloekoning tog net in vrede begrawe kan word!
Ek het al gehoor van dubbele standaarde…nou ervaar Suid-Afrika dit eerstehands.
Andre de Ruyter kan ook maar gaan.

Androclus ·

Doen jy iets aan dit,sal nie help om kwaad te raak nie dis die realiteit.

Eden ·

Hulle sit mos die diesel generators aan, laas met Squirrel se toespraak het dit R10m/uur gekos. Maar uiteraard is dit absurd en dit wys jou die vlak van piesangrepubliek wat bereik is.

Vonkprop ·

Wat se nonsens is dit nou? Van wanneer af het iemand krag nodig om te rou? Dit wys jou net dat Eskom is besig met speletjies en om ons almal vir die gek te vat. Eskom kan die krag aanhou om te rou maar nie om die ekonomie te red nie. Nou gaan hulle seker weer al die steenkool en water gebruik om die krag aan te hou tussen 10:00 en 14:00 wat beteken ons gaan dan na vlak 3 of hoër om hierdie besluit in te haal.

Hennie J ·

Van wanneer af het jy elektrisiteit nodig om te rou. As die krises so groot is dat beurtkrag nodig is dan is dit nodig KOM WAT WIL. Dubbelstandaarde soos net die anc dit kan doen!!

Jaco ·

ANC-beheerde eskom hou die krag aan sodat gerou kan word oor ‘n man wat erg teen onteiening sonder vergoeding was en selfs ooreenkomste daaroor met “die rassistiese wit mense” gemaak het. Uiters vreemd…

NEO ·

Hierdie maak ‘n klug van beurt krag. Hulle sê dan die krag netwerk is onder druk, maar vir die twee ure is dit nie. Die vraag is wat is nou die waarheid.

Willem ·

Ek rou elke dag oor my ouers wat ek verloor het ń kind wat ek verloor het maar hul sit nie my krag aan dat ek kan rou nie

Jakes ·

Van watter mense word hiervan gepraat wat kwansuis moet rou? Ek is nie n zoeloe nie so ek sal gelukkig nie rou nie. Waarom mag net mans die begrafnis bywoon? Is dit nie ook sekssisties nie? Dis lagwekkend dat maatreels net vir sekere rasse geld. Kan die MRK dalk hieroor uitwei?

Dup ·

Ons bly in Afrika…..en Afrika kulture verskil hemelsbreed van Westerse kulture en gebruike.

Darkwing Duck ·

‘n Koning word geplant en eskom gee krag. Maar by die geleentheid is daar geen teken van maskers of afstand hou nie. Dan word ‘n toename in Covid gevalle weer voor die deur van arme vuisvoos gewerkte vakansiegangers gesit. Lekker stupid, het die ou oom gese.

Baardman ·

Ek dink nie dit gaan daaroor dat jy krag nodig het om te rou nie, hulle wil dalk die mense wat vir Eskom onderhoudswerk doen, tyd afgee om te rou. Moet tog net nie dink ek praat die regering se doen en late goed nie

Casper ·

Schalk duidelik het jy nie gesien wat “our people” in Lydenburg gedoen het toe hulle krag gesny is nie.Munisipaliteite het hopeloos te lank gewag voor hulle optreë teen wanbetalers.Escom moet hofbevel kry en wanbetalende munisipaliteite se bates verkoop om skuld te delg.Munisipale dienste moet deur inwoners self gedoen word.

Anel ·

Nou het ek alles gehoor! En so verloir die ekonomie, want hoeveel gaan nou nie werk toe nie met die verskoning dat hulle rou! Waar in jou lewe het jy nou al so iets gesien! Besighede moet self, ten duurste planne maak vir krag om in die bedryf te bly. Hoeveel te meer nie meet die virus nie. Nou word die krag nig selektief verskaf aan sekere gemeenskappe. Die land is siek.

Aries ·

Dit is nou die toppunt van handhawing van dubbele standaarde- wat maak hierdie sogenaamde “koning” anders as enige ander GODGESKAPE MENS-Die ENIGSTE KONINKLIKE is die KONING in die HEMEL en op aarde bestaan daar nie so iets soos n koning of koningin nie- En ESKOM doen elke dag n “hartroerende” beroep op ons om krag spaarsamig te gebruik ???- hoe laag kan ESKOM nog daal – want ESKOM het GEEN sprake van geloofwaardigheid meer nie

koos10 ·

Dan is dit mos so duidelik soos daglig dat Eskom se storie van kapasiteists tekort, daarom beurtkrag, ‘n bol twak is, as hulle dan sommer so beurtkrag kan opskort!

Eskom, you can fool all the people some time, some people all the time, but not all of the people all of the time!

Ons rou oor jou ook, Eskom.

Alta Alleman ·

Net sodat die bevoorregtes dit op SABC kan kyk op hulle tvs. Skokkend !

Asgat ·

En wat van mense wat op suurstof is moet rond hardloop elke keer as dit beurtkrag is……

Mariana ·

My vraag is wat het die loadshedding met die koning te doen. Elke dag word duisende begrawe terwyl loadshedding aan die gang is, hoekom nou die krag aanlos vir sy begrafnis. Eskom en die ANC dink regtig dat die mense van die land onnosel is, maar hulle dink verkeerd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.