Beurtkrag Donderdagaand terug

(Argieffoto: Unsplash)

Fase 2-beurtkrag sal Donderdagaand weer van 17:00 tot 22:00 in werking gestel word om aan die spitstyd-aanvraag na krag te voldoen.

Dit nadat ʼn opwekkingseenheid by die Lethabo-kragsentrale Woensdagaand vir herstelwerk van die netwerk ontkoppel is. ʼn Opwekkingseenheid by onderskeidelik Kusile en Tutuka kon minstens weer in diens gestel word, terwyl nog ʼn eenheid by onderskeidelik Matimba en Tutuka na verwagting later vandag weer aan die gang sal kom.

In hierdie stadium is 2 379 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl onvoorsiene herstelwerk beteken dat nog 15 365 MW nie vir gebruik beskikbaar is nie.

Eskom sê die begin van winter het reeds tot ʼn verhoogde vraag na krag gelei en dit gaan geruime tyd tot kapasiteitsbeperkinge lei. Dit gaan veral broekskeur gaan om die ligte soggens en saans tydens spitstye aan te hou.

Die kragvoorsiener sê dit gaan ongelukkig noodgedwonge tot verdere beurtkrag lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

marisa ·

Werklik? Ek heet nie geweet dit was weg nie – ons het klokslag 8 uur in die aand beurtkrag?

Papsak ·

Jene wat se jy my nou ek nie geweet ons krag stiptelik sesuur af hoe nou

Keelvol ·

Ag de ruyter jou ou verskonings raak nou afgesaag. Plaas daarvan dat Jy begin plan sien met die ou alewige load shedding.

AmY ·

Ek dink nie de Ruyter kan eens in vyf jaar regmaak wat in byna dertig jaar afgebreek, verniel en verwoes is nie.

AmY ·

Ek dink nie de Ruyter kan eens in vyf jaar regmaak wat in byna dertig jaar afgebreek, verniel en verwoes is nie.

Johann ·

Mmmmmm? So die PRE PAID krag wat ek en BAIE ander betalende RSAners gekoop het is sekerlik tog nog beskikbaar? Ek bedoel toe ek daarvoor BETAAL het, en so ewe eenhede gekry het…het NIEMAND vir my gesê dis actually n scheme om geld te maak….BEDROG….verkoop iets wat jy nie het om te verkoop nie!

En dan wonder ek hardop wie in ESKOM en die ANC en Regering word actually blootgestel aan beurtkrag? Of is dit heeltyd hulle beurt om krag te hê?

Elize ·

Asb. Verhoogde gebruik? Dis nog nie eers koud nie en baie min van ons kan teen die prys van eletrisiteit enige verwarmers gebruik.

Quinzie ·

Ek wonder nou net, hoeveel slegter kon dit wees as De Ruyter nie daar was nie. Hy het nie hierdie gemors veroorsaak nie. Hy kan dit ook nie dadelik regmaak nie. Met tyd sal dit beter gaan indien die ministers meer na hom sal luister.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.