Beurtkrag dreig oor ontwrigting in steenkool-aflewering

Argieffoto

Eskom het bevestig dat steenkool-aflewering by sommige van sy kragstasies ontwrig is weens ʼn betoging deur werknemers Maandagoggend. Dit kan moontlik tot beurtkrag lei.

Khulu Phasiwe, woordvoerder van die kragvoorsiener, het gesê vervoer van steenkool na die Majuba- en Duvha-kragstasies in Mpumalanga is opgeskort weens intimidasie. Die polisie se eenheid vir openbare orde is ontbied om die situasie te monitor.

Majuba-kragstasie ontvang daagliks 0.74 miljoen ton steenkool wat deur 700 vragmotors per dag afgelewer word van 15 kort- of mediumtermynverskaffers. Duvha-kragstasie se ses 600 MW-eenhede wek 3 600 MW krag op.

Dikatso Mothae, adjunkwoordvoerder, het bevestig dat ʼn ontwrigting plaasgevind het, maar sy kon nie bevestig watter stasies daardeur beïnvloed word nie. Sy het gesê die werkers betoog oor ʼn loondispuut. “Ek kan bevestig dat die ontwrigting met salarisonderhandelinge verband hou. Werkers het dit duidelik gemaak dat bonusse die deurslaggewende faktor sal wees,” het Motae telefonies gesê.

“Ons het vanoggend van die betoging te hore gekom. Bedrywighede word hierdeur geraak, omdat personeellede nie vir werk opgedaag het nie. Die stelsel is tans stabiel, maar daar is ʼn risiko van beurtkrag gebaseer op elektrisiteitsgebruik.”

Onderhandelings tussen Eskom en vakbonde hervat Vrydag nadat vakbonde die kragvoorsiener se jongste aanbod van ʼn basiese salarisverhoging van 7% per jaar tot 2020, met ʼn behuisingstoelaag wat jaarliks volgens VPI aangepas word, verwerp het.

Mothae het gesê dit is moontlik dat Eskom gedwing sal word om vroeër met vakbonde te vergader om die uitgerekte kwessies op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

willie ·

Solank as wat die polisie monitor en nie daadwerklik optree nie sal onluste/ protesoptrede nie einde kry nie!

Spikkels ·

Ek bedoel dit nou nie lelik nie, ek weet daar is baie teen dit gekant, maar as ons nou kernkrag stasies gehad het sou ons nie die probleem gehad het nie, dit is dalk die toekoms, alhoewel stakende werkers by n kernkragaanleg seker ook gevaarlik raak

Louwboepens ·

En Solidariteit is solied saam met die ANC vakbonde besig om te betoog.SIES MAN.

Yolande ·

7% verhoging en huis toelae? Waaroor is julle ongelukkig. Daar is mense wat wil werk en hulle sal wat gee om daardie verhoging te kry. En wat se persentasie van ons land se bevolking is werkloos?? So julle kla dus oor???? Wit brood onder die arm. Dit is verbasend dat die kragstasies nie ‘n dag of twee se voorraad steenkool op die perseel het nie…..hulle noem dit beplannning. Oja maar vergeet praat mos nou van Eskom. Wens hulle kan daai woord aanleer…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.