Beurtkrag dreig steeds

(Argieffoto: Free-Photos/Pixabay)

Hoewel Suid-Afrikaners se ligte gister aangebly het, waarsku Eskom weer eens dat daar ʼn groot waarskynlikheid vir beurtkrag is indien hy enige verdere kapasiteit verloor. Die kragreus het reeds Woensdagmiddag ʼn beroep op verbruikers gedoen om hul kragverbruik te verminder en sodoende beurtkrag te voorkom.

Volgens Eskom plaas die koue weerstoestande reeds groot druk op die kragstelsel en die vraag na elektrisiteit sal moontlik teen laatmiddag toeneem.

“Eskom vra verbruikers om tussen 16:00 en 21:00 hul kragverbruik te verminder en sodoende die druk op die stelsel te help verlig,” sê Eskom in ’n verklaring.

In dié stadium is 12 984 MW weens stukkende opwekkingseenhede nie beskikbaar nie, terwyl 2 924 MW weens beplande instandhoudingswerk uit die stelsel gehaal is.

“Enige verdere beduidende verlies aan kapasiteit sal Eskom dwing om beurtkrag in te stel.”

Eskom sê hy sal verbruikers so gou moontlik in kennis stel indien daar enige noemenswaardige veranderinge aan die situasie is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wielspore ·

Beurtkrag is aangekondig, dit gaan volg vanaf 16h00 tot 21h00 op 22 Julie 2021

deHAS ·

dis maar alles beplanning, ons sit maar buite in die son en rook of blaas spook asems..

Johann ·

Ja ESKOM. GROOOOOT verskil tussen verbruikers….Gebruikers en MISbruikers.

Persheks Adri ·

Voetsek Eskom! Gelukkig is daar ander alternatiewe soos inverter stelsel en generators waarvoor ons klaar betaal het, want genade julle is en bly pateties en dit nog in die bitter koue!

Hennie ·

Ek dink regtig waar dat Eskom en kragreus nie in die selfde artikel gebruik kan word nie.

PATRICIA ·

Ja gewoonlik beurtkrag wanneer mens van die werk af kom.

Jr ·

Dit is waarvoor ons 15% increase in Carletonville betaal vir. Tzek de geen rigting. Meer vir niks. NET IN SA

Samuel ·

SA’ner se krag het nie gisteraand aangebly nie. Ons krag was af van 16:00-18:30. Kaapstad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.