Beurtkrag sal die naweek voortduur te midde van die weerdiens se waarskuwings van ʼn yskoue naweek vir groot dele van die land.
Eskom het Vrydag aangekondig dat fase 2-beurtkrag van vandag tot Sondag van 17:00 tot 22:00 geïmplementeer sal word.
Die voortslepende instelling van beurtkrag word toegeskryf aan ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit.
Minstens 3 405 MW word aan beplande instandhouding afgestaan, terwyl nog 15 534 MW se kapasiteit weens ander probleme nie beskikbaar is nie.
Die kragvoorsiener het opnuut ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om te help om die impak van beurtkrag te beperk deur alle nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het vroeër vandeesweek gewaarsku oor ʼn kouefront, ysige temperature, reën en selfs sneeu vir dele van die land.
Terwyl gebiede aan die kus skaars maksimum temperature van 8 °C sal bereik, sal maksimum temperature Vrydag en Saterdag in die binneland nie hoër as 14 °C word nie.
“Eskom sal voortgaan om die kragnetwerk te monitor en die publiek van enige veranderinge in kennis stel.”
Mooi, hoe lank gaan Eskom/Regering nog die mense aan hul neuse probeer rondsleep? Die leuens is nou al afgesaag, miskien moet Eskom iets nuuts probeer.
Is dit net ek, of is beurtkrag deesdae die norm?
Tekort aan bevoegde en bekwame ambagsmanne
2 kragstasies gesaboteer deur ANC en niks gebeur nie. ANC KRIMINELE!
Stuiptrekkings
As al die onwettige konneksies gesny word, sal beurtkrag iets van die verlede wees.
20% betalende kliente, dra die ander 80%.
Namibiè voer 2 derdes van sy Elektrisiteit in van SA! Belaglik.
Ons loop deur onder beurtkrag en hoë tariewe!!! So verkeerd om dít wat jy tekort van het, na buurlande uit te voer?
Namibie het seker ook kommuniste skuiling gegee – nou skuld ons hulle soos vir kuba!