Beurtkrag duur Dinsdag voort

(Argieffoto: ANA)

Fase 2-beurtkrag sal Dinsdag 09:00 weer ingestel word en tot 22:00 die aand duur. Só het Eskom Maandagaand in ʼn verklaring gesê.

Luidens die verklaring is eenheid 2 van die Koeberg-kragstasie, wat sedert April op bystand geplaas is, gistermiddag suksesvol in die stelsel gevoeg om die druk op die opwekkingstelsel te help verlig. Twee opwekkingseenhede, een elk by die Majuba- en Lethabo-kragsentrales, het ook gister weer in werking getree.

“Dit is egter steeds nie genoeg om Eskom in staat te stel om beurtkrag af te stel nie, daarom dat beurtkrag Dinsdag tot 22:00 voortduur.” Die kragvoorsiener sê beurtkrag geld eers van 09:00 af sodat beurtkrag nie die vloei van verkeer tydens spitstyd sal belemmer nie.

Verskeie kragopwekkers het die afgelope week die gees gegee, waarvan die jongste gevalle by die Kriel- en Medupi-kragsentrales plaasgevind het.

“Eskom se spanne werk onverpoos om soveel opwekkingseenhede moontlik in die kragnetwerk te herstel, maar die koue weer beteken ook dat die vraag na elektrisiteit aansienlik toegeneem het. Ons vra dus dat lede van die publiek ons sal help om die verbruik van elektrisiteit te bestuur sodat ons die uitwerking op die kragstelsel kan verminder,” sê Eskom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Corne123 ·

Eskom wil weer meer geld he so daar is loadshedding kan niemand dit agterkom nie elke keer se storie net voor prysverhooging loadshedding.

Jaco ·

Ek dog die de Ruyter perd het gesê ons gaan hierdie winter slegs drie dae beurtkrag hê? Julied again!!

Fedup ·

Donkeys and candles, people.
Then eskom can go suck it and shove their electricity where the sun will never shine.
De ruyter should give eskom back to the anc. It’s broken beyond repair, just the way the clowns like it.

Oujongvrou ·

En daar sit ons gisteraand 5 ure sonder krag. Spul onkundige mense in beheer.

Die Wolf ·

Wat het hulle gedoen vanaf Maart? Sekerlik nie broododige instandhouding nie.

Persheks Adri ·

Een of ander slim ou kan WEER nie tel nie! Drie dae is lankal verby en steeds sit ons sonder krag en in die ysige koue!!! Betaal vir uiters patetiese diens wat ons nie eers ontvang nie… Swak!!!

Adam Adriaan ·

Ja die ANC en sy kaders gaan ook binne kort die gees gee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.