Beurtkrag duur moontlik tot naweek voort

(Argieffoto: Tracey Adams/ANA)

Eskom het aangekondig dat fase 2-beurtkrag tot Vrydag, en waarskynlik tot die naweek, sal voortduur.

Die kragvoorsiener het Suid-Afrikaners Donderdagaand in ’n verklaring daaraan herinner dat ’n moontlikheid van beurtkrag oor die volgende 18 maande bestaan weens noodsaaklike instandhoudingswerk.

“Ons neem die besluit om beurtkrag in te stel nie ligtelik op nie, maar die realiteit is dat ons kragopwekkingsinfrastruktuur beperk en onbetroubaar is,” sê André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, in die verklaring.

Volgens De Ruyter is beurtkrag in die stadium onvermydelik gegewe die toestand van die infrastruktuur en ’n hoë aanvraag na elektrisiteit.

Luidens die verklaring sal Eskom dit oorweeg om weer beurtkrag soggens gedurende spitsverkeer op te skort soos sy reserwes by die pompopgaarskemas en oop-siklus gasturbines herstel.

Die kragvoorsiener waarsku dat veranderinge in die stelsel kan lei tot ’n moontlike verandering in die fase van beurtkrag wat geïmplementeer word. Eskom doen dus ’n beroep op gebruikers om elektrisiteit spaarsaming te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Snowball ·

Al kreunend en knarsend hink die kwynende, vuisvoos Ekonomie. Die einde kan nie meer ver wees nie.
SA vrot tot in sy murg.

HBK ·

Ek dink dis dalk die reuk wat in die lug hang. Daai murg wat vrot want die yskas is af.

henndrik ·

En nou wil die unies he hulle moet pensioen geld gebruik om te ‘bele’ in Eskom. Dit is geen belegging nie want daar gaan geen opbrengs wees nie

Porseleintjie ·

Selle as Transnet se pensionarisse se pensioengeld. Wat word van dit? Oumense krepeer en gn haan kraai nie. Die regering sal altyd n nuwe geboorte bedink om hul vingers in jan en alleman se beursie te kan kry.

Santjie ·

Ja, en intussen kan ek ook nie gebruik maak van my “geriewe” waarvoor ek maandeliks betaal nie. Miskien moet ek my rekening vir Eskom stuur, want op die stadium het hulle meer “gebruik” as ek. :)

Strandloper ·

Dankie Eskom…julle bring ons terug steenperk tyd toe

Emily ·

As julle al die straatligte wat daagliks so brand en lee geboue se krag afsit, sal dit al klaar bietjie help.
Julle is nes die res van die eens mooi land.
Vol beloftes, Beurtkrag was veronderstel om tot vandag te wees, Nou kom julle met ander stories.
Ek wens so hulle kan mense kry wat weet wat hulle doen.

Alida ·

Kommerwekkende situasie… so gaan die ekonomie net meer ten gronde!

SJME ·

Regstelling: “Beurtkrag duur moontlik vir die res van jou lewe.”
(Mits jy positief daaroor bly.)

marius ·

Almal is siek en sat vir die leuens ! Hulle gaan nie ophou om hulle gemors elke dag in die mense wat alreeds voos is , se kele af te druk nie . Die plek moet oor die afgrond en klaar .

Frederik ·

Haai nou moet huishoudings krag bespaar, terwyl die roofgebruikers in bykans elke township krag kan vermors en dan ook nie daarvoor betaal. Watter grap is dit nou nie?? Tree op teen die roofgebruikers en bring hulle voor stok en al die beurt krag sal soos mis voor die son verdwyn. Daar sal selfs n daling in elektrisiteit koste wees.

Yolandie ·

Die enigste waarheid wat mens van Eskom kan se is om nie ‘n word te glo wat hulle se nie. Daarby weet mens met goeie duidelikheid dat beurtkrag terwyl instandhouding gedoen gaan word nie net 18 maande met ons gaan wees nie. Ons is nog nie eers in die winter nie, watter choas wag dan op ons???? Mark my words…….more to come. Dis verseker.

Stefan ·

Ons help eskom baie want ons bespaar baie.
Ons Solar stelsel het ons eskom verbruik laat daal van 600kwh na 50kwh per maand.

Niklaas ·

En as die 18 maande verby is , watter leuens gaan ons dan hoor ? Nog 18 maande is broodnodig , askies. Ek glo nie meer een woorde van Eskom nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.