Beurtkrag duur oor die naweek voort

Argieffoto (Foto: Jukka Niittymaa/Pixabay)

Die kragvoorsiener Eskom het gesê fase 2-beurtkrag sal tot minstens Sondagaand om 23:00 voortduur. Dit is weens ʼn gebrek aan kragopwekkingskapasiteit en noodreserwes wat nie aangevul kon word nie.

Tegniese probleme by Kriel, Medupi en Kendal-kragstasies het daartoe gelei dat nog kragopwekkingseenhede afgeskakel moes word en risiko’s by verskeie ander kragstasies het ook tot die druk op die netwerk gelei.

Alhoewel Eskom beurtkrag die afgelope twee dae gebruik het om noodreserwes op te bou, moes dié reserwes aangewend word om kragtoevoer aan te vul. Die naweek sal dus gebruik word om die reserwes op te bou.

Eskom het tans 7 071 MW op beplande instandhouding en 11 780 MW is onbeskikbaar weens tegniese probleme en vertragings.

“Eskom werk hard daaraan om die eenhede weer aan te skakel en indien die bogenoemde risiko’s plaasvind en die eenhede nie aangeskakel kan word nie, is die waarskynlikheid groot dat beurtkrag ook tydens in die komende week kan voortduur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Harry ·

Wat my pla is dat ek ‘n gewaarborgde verhoging van 15% moet betaal vir ‘n produk wat nie gewaarborg kan word nie. Vreemde ekonomiese beginsel.

LANA is ELANè ·

Vearkonings, verskonings, verskonings, noem dit wat dit is, SWAKBESTUUR, maar ja, die verbruiker betaal mos maar daarvoor, nie net om vir ure per dag sonder krag te wees nie, sommer ook in onmenslike, knaende onbekostigbare verhogings wat die “kartel” glo hulle is geregtig op, alhoewel hulle nie by hul mandaat kan bly deur deurlopend krag aan die verbruiker te voorsien nie.

Persheks Adri ·

Pateties verby ek’s gatvol vir Eskom en hele regering! Twee keer per dag is mal en ons betaal net vir die patesiese diens pffft en verskonings keer op keer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.